Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w96 6/1 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is God se Koninkryk?
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Wat is God se Koninkryk?
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • “Here, leer ons hoe om te bid”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • God se Koninkryk—Voortrefliker in elke opsig
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
w96 6/1 bl. 31

Vrae van lesers

Ons hoor soms hoe broers sê of bid dat God se Koninkryk na die aarde toe moet kom. Is hierdie uitdrukking korrek?

Streng gesproke is dit nie ’n skriftuurlike manier om dit uit te druk nie. God se Koninkryk is ’n hemelse koninkryk. Die apostel Paulus kon dus skryf: “Die Here sal my van elke goddelose werk verlos en my vir sy hemelse koninkryk red. Aan hom sy die heerlikheid vir ewig en altyd. Amen.”—2 Timoteus 4:18; Matteus 13:44; 1 Korintiërs 15:50.

Die Koninkryk is in 1914 in die hemel opgerig, en dit sal nooit na die herstelde aardse Paradys of na enige ander plek verskuif word nie. Jesus Christus is die Koning van die Koninkryk. As Koning het Jesus mag oor die engele. Die gepaste plek vir hom om van te heers, is gevolglik aan God se regterhand in die hemele. Gesalfde Christene sluit by hom aan as konings en priesters in die hemel.—Efesiërs 1:19-21; Openbaring 5:9, 10; 20:6.

Beteken dit dan dat ons die versoeke wat in die deel van die Onse Vader-gebed is wat sê: “Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde” nie meer tot God moet rig nie? (Matteus 6:10). Inteendeel, daardie gebed is gepas en steeds betekenisvol.

God se Koninkryk sal nog op ’n besliste wyse met betrekking tot hierdie aarde optree, en dit is wat ons in gedagte het wanneer ons bid en uitdrukkings gebruik wat met die woorde van die Onse Vader-gebed ooreenkom. Byvoorbeeld, Daniël 2:44 voorspel dat die Koninkryk sal “kom” om al die nasies te vernietig en die heerskappy van hierdie aarde oor te neem. Openbaring 21:2 praat van Nuwe Jerusalem wat uit die hemel neerdaal. Nuwe Jerusalem bestaan uit die 144 000 gesalfde Christene wat die bruid van Christus sal wees. Hulle is ook mede-erfgename met Jesus in die Koninkryk. Openbaring 21:2 beskryf dus hoe hulle hulle aandag op die aarde rig, wat groot seëninge vir die getroue mensdom tot gevolg sal hê.—Openbaring 21:3, 4.

Totdat hierdie en ander wonderlike profesieë vervul word, sal dit gepas wees om voort te gaan om in ooreenstemming met Jesus se woorde, “Laat u koninkryk kom”, tot Jehovah God te bid. Maar ons moet in gedagte hou dat die Koninkryk nie in letterlike sin na die planeet Aarde toe sal kom nie. Die Koninkryksregering is in die hemel gesetel, nie op die aarde nie.

[Foto-erkenning op bladsy 31]

Aarde: Based on NASA photo

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel