Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 2/15 bl. 19-20
  • Bio-etiek en bloedlose chirurgie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bio-etiek en bloedlose chirurgie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Uitwisseling van gedagtes
  • Die toenemende gewildheid van bloedlose geneeskunde en chirurgie
    Ontwaak!—2000
  • Die kloof tussen dokters en Getuiepasiënte word oorbrug
    Ontwaak!—1990
  • Hoewel ek blind was, is my oë geopen!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Dokters kyk weer na bloedlose chirurgie
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 2/15 bl. 19-20

Bio-etiek en bloedlose chirurgie

IN DIE laaste jare is daar ongeëwenaarde vooruitgang op die gebied van die geneeskunde gemaak. Maar hoewel mediese probleme opgelos is, is etiese probleme geskep deur die vooruitgang wat in sommige gevalle gemaak is.

Dokters kom te staan voor dilemmas soos die volgende: Moet drastiese mediese behandeling soms gestaak word sodat ’n pasiënt met waardigheid kan sterf? Moet ’n dokter ’n pasiënt se besluit ignoreer as hy meen dat dit in die pasiënt se belang is? Hoe moet gesondheidsorg verdeel word wanneer duur behandeling nie vir almal beskikbaar is nie?

Sulke ingewikkelde kwessies het die aandag gevestig op die mediese vakrigting wat bio-etiek genoem word. Die oogmerk van hierdie vakrigting is om dokters en wetenskaplikes te help om die etiese implikasies van biologiese navorsing en mediese vooruitgang te hanteer. Aangesien baie van die moeilikste besluite in hospitale geneem moet word, het baie hospitale bio-etiese komitees gestig. Die lede van die komitee—wat dokters en regsgeleerdes insluit—woon gewoonlik seminare oor bio-etiek by waar etiese probleme in die geneeskunde ontleed word.

Party vrae wat dikwels tydens sulke seminare geopper word, is: In watter mate moet dokters die opvattings van Jehovah se Getuies respekteer wat, hoofsaaklik om godsdienstige redes, weier om bloedoortappings te aanvaar? Moet ’n dokter ’n pasiënt teen sy sin ’n bloedoortapping gee indien dit medies “raadsaam” lyk? Sal dit eties wees om dit sonder die pasiënt se medewete te doen, asof ‘dit wat die pasiënt nie weet nie hom nie sal kwaad doen nie’?

Dokters moet ’n objektiewe begrip van die Getuies se standpunt hê om sulke geskille reg te hanteer. Wat Jehovah se Getuies betref, hulle verduidelik graag hulle standpunt aan dokters, aangesien hulle besef dat wedersydse begrip konfrontasie kan help voorkom.

’n Uitwisseling van gedagtes

Professor Diego Gracia, ’n vername Spaanse gesaghebbende op die gebied van bio-etiek, wou hê dat sy klas so ’n gesprekvoering moes hê. “Dit is net reg dat julle [Jehovah se Getuies] die geleentheid gegun word om te sê wat julle bekommer . . . in die lig van die probleme wat julle al in verband met bloedoortappings gehad het”, het die professor gesê.

Op 5 Junie 1996 is drie verteenwoordigers van Jehovah se Getuies dus na die Complutense-universiteit in Madrid, Spanje, genooi om hulle standpunt te verduidelik. Sowat 40 dokters en ander beroepsmense was teenwoordig.

Nadat die Getuies ’n kort aanbieding gedoen het, is die sessie oopgestel vir vrae. Almal wat teenwoordig was, het saamgestem dat ’n volwasse pasiënt die reg moet hê om ’n bepaalde mediese behandeling te weier. Die klas het ook geglo dat ’n oortapping nooit toegedien moet word sonder die pasiënt se ingeligte toestemming nie. Maar sommige aspekte van die standpunt wat die Getuies inneem, het hulle gekwel.

Een vraag was in verband met geld. Soms vereis bloedlose chirurgie spesiale toerusting, soos laserchirurgie, sowel as duur medisyne, soos eritropoiëtien, wat gebruik word om die produksie van rooi bloedselle te stimuleer. Een dokter het gewonder of die Getuies, deur ’n goedkoper opsie (homoloë bloed) te weier, dalk verwag dat openbare gesondheidsdienste hulle spesiale voorregte moet gee.

’n Getuie-verteenwoordiger het erken dat geld ’n onvermydelike faktor is wat dokters in ag moet neem, maar hy het na gepubliseerde studies verwys wat die verborge koste van homoloë bloedoortappings ondersoek. Dit sluit die koste in om oortappingsverwante komplikasies te behandel, sowel as die verlies van inkomste weens hierdie komplikasies. Hy het ’n omvattende studie uit die Verenigde State aangehaal wat getoon het dat die gemiddelde eenheid bloed, hoewel dit aanvanklik net R1100 kos, in werklikheid onkoste van meer as R5700 laat oploop het—meer as vyf keer die oorspronklike bedrag. Hy het dus daarop gewys dat bloedlose chirurgie lonend is wanneer al die faktore in aanmerking geneem word. Daarbenewens is baie van die sogenaamde ekstra koste van bloedlose chirurgie toerusting wat weer gebruik kan word.

’n Ander vraag waaroor verskeie dokters gewonder het, het verband gehou met groepdruk. Wat sou gebeur, het hulle gewonder, as ’n Getuie sou ingee en ’n bloedoortapping aanvaar? Sal hy deur die Getuie-gemeenskap verstoot word?

Die reaksie sal van die spesifieke situasie afhang, want ongehoorsaamheid aan God se wet is beslis ’n ernstige saak, iets wat die gemeente se ouer manne moet ondersoek. Die Getuies sal enigeen wil help wat die traumatiese ondervinding van lewensgevaarlike chirurgie deurgemaak het en ’n oortapping aanvaar het. ’n Getuie wat hom in so ’n situasie bevind, sal ongetwyfeld baie sleg voel en besorg wees oor sy verhouding met God. So iemand het dalk hulp en begrip nodig. Aangesien liefde die fondament van die Christelike godsdiens is, sal die ouer manne, soos in alle regterlike sake, fermheid met barmhartigheid wil temper.—Matteus 9:12, 13; Johannes 7:24.

“Gaan julle nie julle etiese standpunt binnekort hersien nie?” het ’n professor in bio-etiek, wat van die Verenigde State kom, gevra. “Ander godsdienste het dit in die laaste jare gedoen.”

Die standpunt van die Getuies met betrekking tot die heiligheid van bloed is ’n geloofsoortuiging en nie ’n etiese standpunt wat van tyd tot tyd hersien word nie, is daar vir hom gesê. Die duidelike Bybelse bevel laat geen ruimte vir ’n kompromis nie (Handelinge 15:28, 29). Om hierdie Goddelike wet te verbreek, sal vir ’n Getuie net so onaanvaarbaar wees as om afgodediens of hoerery te vergoelik.

Jehovah se Getuies waardeer grootliks die gewilligheid van dokters—soos dié wat by die bio-etiese seminaar in Madrid teenwoordig was—om hulle besluit te respekteer om alternatiewe behandeling te soek wat nie in stryd met hulle Bybelse oortuiging is nie. Bio-etiek sal ongetwyfeld ’n belangrike rol daarin speel om die verhouding tussen dokters en pasiënte te verbeter en groter respek vir die wense van die pasiënt te bevorder.

Soos ’n beroemde Spaanse geneesheer volgens berig gesê het, moet dokters altyd in gedagte hou dat hulle “met onvolmaakte instrumente en feilbare middele werk”. Hulle het derhalwe die “oortuiging [nodig] dat liefde altyd moet strek tot waar kennis nie kan nie”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel