Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 4/15 bl. 7-13
  • Ware vrede—Uit watter bron?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ware vrede—Uit watter bron?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die mens se mislukte pogings
  • Die grondoorsaak
  • Die weg na vrede
  • Laat “die vrede van God” jou hart bewaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Goddelike vrede vir die wat deur Jehovah geleer word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Wie sal die mensdom na vrede lei?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Hoe jy goddelike vrede in groter mate kan geniet
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 4/15 bl. 7-13

Ware vrede—Uit watter bron?

“[Jehovah,] wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde.”—PSALM 46:10.

1. Watter wonderlike belofte van vrede vind ons in Jesaja se profesie?

“DIE werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid. En my volk sal woon in ’n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus” (Jesaja 32:17, 18). Wat ’n pragtige belofte! Dit is ’n belofte van ware vrede wat deur God bewerkstellig gaan word.

2, 3. Beskryf ware vrede.

2 Maar wat is ware vrede? Is dit bloot die afwesigheid van oorlog? Of is dit eenvoudig ’n tydperk waartydens nasies hulle gereedmaak vir die volgende oorlog? Is ware vrede net ’n droom? Dit is vrae waarop ons betroubare antwoorde nodig het. In die eerste plek is ware vrede veel meer as ’n droom. God se beloofde vrede is baie beter as enigiets wat hierdie wêreld hom kan voorstel (Jesaja 64:4). Dit is nie vrede wat net ’n paar jaar of ’n paar dekades duur nie. Dit duur vir ewig! En dit is nie vrede vir net ’n paar bevoorregtes nie—dit sluit hemel en aarde, engele en mense, in. Dit brei uit na mense van alle nasies, etniese groepe, tale en kleure. Dit ken geen grense, geen hindernisse, geen mislukkings nie.—Psalm 72:7, 8; Jesaja 48:18.

3 Ware vrede beteken vrede elke dag. Dit beteken dat ’n mens elke oggend wakker word sonder ’n gedagte aan oorlog, sonder dat jy jou oor jou toekoms, die toekoms van jou kinders of selfs dié van jou kleinkinders hoef te bekommer. Dit beteken volkome gemoedsrus (Kolossense 3:15). Dit beteken dat daar geen misdaad meer, geen geweld, geen verbrokkelde gesinne, geen hawelose mense, geen verhongerde of verkluimde mense, geen wanhoop of frustrasie sal wees nie. Nog beter, God se vrede beteken ’n wêreld sonder siekte, pyn, droefheid en die dood (Openbaring 21:4). Watter wonderlike hoop het ons tog om ware vrede vir ewig te geniet! Is dit nie die soort vrede en geluk waarna ons almal smag nie? Is dit nie die soort vrede waarvoor ons moet bid en werk nie?

Die mens se mislukte pogings

4. Watter vredespogings het die nasies aangewend, en met watter gevolg?

4 Deur die eeue heen het mense en nasies oor vrede gepraat, oor vrede gedebatteer en honderde vredesverdrae onderteken. Met watter gevolg? In die afgelope 80 jaar was daar feitlik geen oomblik wanneer die een of ander nasie of groep nie in ’n oorlog gewikkel was nie. Dit is duidelik dat vrede die mensdom ontwyk het. Die vraag is dus: Waarom het al die mens se pogings misluk om internasionale vrede te bewerkstellig, en waarom is die mens nie in staat om ware, blywende vrede tot stand te bring nie?

5. Waarom het die mens se vredespogings nog altyd misluk?

5 Die eenvoudige antwoord is dat die mens hom nie tot die regte bron vir ware vrede gewend het nie. Onder Satan die Duiwel se invloed het die mens organisasies gestig wat die slagoffer word van hulle eie swakhede en gebreke—hulle hebsug en ambisie, hulle begeerte na mag en vernaamheid. Hulle het na sentrums vir hoër onderwys gegaan en het stigtings en dinksentrums in die lewe geroep, waar daar maar net meer metodes van onderdrukking en vernietiging uitgedink is. Na watter bron is mense gerig? Waarop het hulle staatgemaak?

6, 7. (a) Watter soort rekord het die Volkebond opgebou? (b) Wat is die rekord van die Verenigde Nasies?

6 In 1919 het die nasies hulle vertroue in die Volkebond gestel om blywende vrede tot stand te bring. Daardie hoop is verpletter toe Mussolini Etiopië in 1935 binnegeval het en toe burgeroorlog in 1936 in Spanje uitgebreek het. Toe die Tweede Wêreldoorlog in 1939 uitbreek, het die Volkebond tot niet gegaan. Die sogenaamde vrede het nie eers 20 jaar geduur nie.

7 Wat van die Verenigde Nasies? Het dit enige ware hoop op blywende aardwye vrede gebied? Beslis nie. Meer as 150 oorloë en gewapende konflikte is sedert die stigting daarvan in 1945 gevoer! Dit is geen wonder nie dat Gwynne Dyer, ’n Kanadese kenner op die gebied van oorloë en die oorsprong daarvan, die VN beskryf het as “’n vereniging van wilddiewe wat wildbewaarders geword het, nie ’n groep heiliges nie”, en “’n grotendeels magtelose praathuis”.—Vergelyk Jeremia 6:14; 8:15.

8. Wat het die nasies ondanks hulle vredesamesprekinge gedoen? (Jesaja 59:8).

8 Ondanks die feit dat die nasies van vrede praat, gaan hulle voort om wapens te ontwikkel en te vervaardig. Die lande wat vredeskonferensies borg, is dikwels juis dié wat die leiding in die vervaardiging van wapens neem. Kragtige handelsbelange in hierdie lande bevorder die vervaardiging van dodelike wapens, waaronder sataniese landmyne wat jaarliks ongeveer 26 000 burgerlike volwassenes en kinders doodmaak of vermink. Hebsug en verdorwenheid is van die dryfvere. Omkopery en oneerlike belonings is ’n onafskeidelike deel van die internasionale wapenhandel. Party politici verryk hulle op dié manier.

9, 10. Wat het wêreldse kenners aangaande oorloë en mensepogings gesê?

9 In Desember 1995 het die Poolse fisikus en wenner van die Nobelprys vir vrede, Joseph Rotblat, ’n beroep op die nasies gedoen om die wapenwedloop te beëindig. Hy het gesê: “Die enigste manier waarop [’n nuwe wapenwedloop] voorkom kan word, is deur oorlog heeltemal af te skaf.” Dink jy dat so iets waarskynlik is? Sedert 1928 het 62 nasies die Kellogg-Briand-ooreenkoms bekragtig, wat oorlog verwerp as ’n manier om geskille te besleg. Die Tweede Wêreldoorlog het duidelik getoon dat die ooreenkoms nie eers die papier waarop dit geskryf is werd was nie.

10 Oorloë was ongetwyfeld deur die geskiedenis heen nog altyd ’n struikelblok op die mensdom se weg. Soos Gwynne Dyer geskryf het: “Oorlog is ’n kerninstelling van die mensebeskawing, en sy geskiedenis is presies so lank soos dié van die beskawing.” Ja, feitlik elke beskawing en ryk het sy hooggeagte krygshelde, sy staande leërs, sy bekende veldslae, sy heilige militêre akademies en sy voorraadstapel wapens gehad. Maar ons eeu is deur erger oorloë as enige ander eeu gekenmerk, wat verwoesting sowel as lewensverlies betref.

11. Watter fundamentele faktor het wêreldleiers oor die hoof gesien in hulle soeke na vrede?

11 Dit is duidelik dat die wêreld se leiers die fundamentele wysheid van Jeremia 10:23 geïgnoreer het: “Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ’n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.” Wanneer God buite rekening gelaat word, kan daar geen ware vrede wees nie. Beteken dit alles dan dat oorloë in ’n beskaafde gemeenskap onvermydelik is? Beteken dit dat vrede—ware vrede—’n droom is wat nooit verwesenlik sal word nie?

Die grondoorsaak

12, 13. (a) Wat toon die Bybel met betrekking tot die grondliggende, onsigbare oorsaak van oorlog? (b) Hoe het Satan die mens se aandag afgetrek van die ware oplossing vir die wêreld se probleme?

12 Om hierdie vrae te beantwoord, moet ons die oorsake van oorlog verstaan. Die Bybel toon duidelik dat die opstandige engel Satan die oorspronklike “mensemoordenaar” en “leuenaar” is en dat ‘die hele wêreld in die mag van die bose lê’ (Johannes 8:44; 1 Johannes 5:19). Wat het hy gedoen om sy planne te bevorder? Ons lees in 2 Korintiërs 4:3, 4: “As die goeie nuus wat ons bekend maak dan nou in werklikheid versluier is, is dit versluier onder dié wat vergaan, onder wie die god van hierdie stelsel van dinge die verstande van die ongelowiges verblind het, sodat die verligting van die heerlike goeie nuus oor die Christus, wat die beeld van God is, nie sou deurskyn nie.” Satan doen alles in sy vermoë om die mensdom se aandag af te trek van God se Koninkryk as die oplossing vir die wêreld se probleme. Hy verblind en verwar mense met verdelende maatskaplike, politieke en godsdienskwessies sodat dit lyk of hierdie dinge belangriker as God se heerskappy is. ’n Onlangse voorbeeld is die wêreldwye oplewing in nasionalisme.

13 Satan die Duiwel bevorder nasionalisme en stamtrots, die opvatting dat een nasie, ras of stam beter as ander is. Diepgewortelde haat wat eeue lank onderdruk is, word weer opgewek om tot nog oorloë en konflikte aanleiding te gee. Federico Mayor, die direkteur-generaal van UNESCO, het teen hierdie neiging gewaarsku en gesê: “Selfs waar verdraagsaamheid altyd aan die orde van die dag was, word ’n oorgang na xenofobie algemener, en chauvinistiese of rassistiese aanmerkings wat oënskynlik tot die verlede behoort het, word al hoe meer gehoor.” Wat was die resultaat? Die bloedige slagtings in die voormalige Joego-Slawië en die bloedbad tussen die stamme in Rwanda is maar twee van hierdie gevalle wat in die nuus gekom het.

14. Hoe beeld Openbaring 6:4 oorlog en die uitwerking daarvan op ons tyd uit?

14 Die Bybel het voorspel dat ’n vuurkleurige perd, wat oorlog afbeeld, in die tyd van die einde van hierdie stelsel oor die hele aarde sou galop. Ons lees in Openbaring 6:4: “’n Ander een het te voorskyn gekom, ’n vuurkleurige perd; en aan die een wat daarop sit, is dit gegee om vrede van die aarde weg te neem sodat hulle mekaar sou doodmaak; en ’n groot swaard is vir hom gegee.” Sedert 1914 het ons gesien hoe hierdie simboliese perderuiter ‘vrede wegneem’, en die nasies het aangehou om te veg en oorlog te voer.

15, 16. (a) Wat was die rol van godsdiens in oorloë en slagtings? (b) Hoe beskou Jehovah dit wat die godsdienste gedoen het?

15 Godsdiens se rol in hierdie oorloë en slagtings moet nie oor die hoof gesien word nie. Die mensdom se bloedbevlekte geskiedenis kan grotendeels aan die misleidende invloed van valse godsdiens toegeskryf word. Katolieke teoloog Hans Küng het geskryf: “Dit is ’n onbetwisbare feit dat [godsdienste] ’n ontsaglike bydrae in ’n negatiewe en verwoestende sin gelewer het en nog steeds lewer. Hulle is aanspreeklik vir soveel onenigheid, bloedige konflikte, selfs ‘godsdiensoorloë’; . . . en dit sluit die twee wêreldoorloë in.”

16 Hoe beskou Jehovah God valse godsdiens se rol in slagtings en oorloë? God se aanklag teen valse godsdiens, wat in Openbaring 18:5 opgeteken staan, lui soos volg: “Haar sondes het tot aan die hemel opgehoop en God het haar ongeregtighede in herinnering gebring.” Valse godsdiens se medepligtigheid met die politieke heersers van die wêreld het soveel bloedskuld, so ’n massa opgehoopte sondes, tot gevolg gehad dat God dit onmoontlik kan ignoreer. Hy sal binnekort hierdie struikelblok in die weg van ware vrede heeltemal uit die weg ruim.—Openbaring 18:21.

Die weg na vrede

17, 18. (a) Waarom is dit nie net ’n onrealistiese droom om te glo dat ewige vrede moontlik is nie? (b) Wat het Jehovah reeds gedoen om te verseker dat ware vrede sal kom?

17 As mense nie deur instellings soos die Verenigde Nasies ware en blywende vrede tot stand kan bring nie, uit watter bron sal ware vrede dan kom, en hoe? Is dit net ’n onrealistiese droom om te glo dat ewige vrede moontlik is? Nie as ons ons tot die regte bron van vrede wend nie. En wie is dit? Psalm 46:10 verstrek die antwoord deur vir ons te sê dat Jehovah “die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand”. En Jehovah het reeds die proses aan die gang gesit wat ’n einde aan oorloë sal maak en ware vrede sal bewerkstellig. Hoe? Deur Christus Jesus in 1914 op sy regmatige Koninkrykstroon te plaas en deur die grootste onderrigtingsveldtog vir vrede in die mensdom se geskiedenis te bevorder. Die profetiese woorde van Jesaja 54:13 verseker ons: “Al jou kinders sal deur die HERE geleer wees, en die vrede van jou kinders sal groot wees.”

18 Hierdie profesie lig die beginsel van oorsaak en gevolg toe—dit wil sê, elke gevolg het ’n oorsaak. In hierdie geval verander Jehovah se onderrigting—die oorsaak—oorlogsugtige mense in vredeliewende mense wat vrede met God geniet. Die gevolg is die veranderde gesindheid wat mense liefhebbers van vrede maak. Hierdie onderrigting wat mense se harte en verstande verander, brei selfs nou oor die hele wêreld uit namate miljoene die voorbeeld van die “Vredevors”, Jesus Christus, navolg.—Jesaja 9:5.

19. Wat het Jesus mense van ware vrede geleer?

19 En wat het Jesus mense van ware vrede geleer? Hy het nie net van vrede tussen nasies gepraat nie, maar van vrede tussen mense wat hulle verhoudings betref en van die innerlike vrede wat uit ’n goeie gewete voortspruit. In Johannes 14:27 lees ons Jesus se woorde aan sy volgelinge: “Ek laat vir julle vrede na, ek gee julle my vrede. Ek gee dit nie vir julle soos die wêreld dit gee nie. Moenie dat julle hart verontrus word of van vrees ineenkrimp nie.” Hoe het Jesus se vrede van die wêreld s’n verskil?

20. Hoe sal Jesus ware vrede bring?

20 Jesus se vrede het eerstens ten nouste met sy Koninkryksboodskap saamgehang. Hy het geweet dat die regverdige hemelse regering, wat uit Jesus en 144 000 medeheersers bestaan, ’n einde aan oorlog en oorlogstokers gaan maak (Openbaring 14:1, 3). Hy het geweet dat dit die vreedsame paradystoestande tot stand sal bring wat hy die kwaaddoener belowe het wat langs hom gesterf het. Jesus het hom nie ’n plek in die hemelse Koninkryk belowe nie, maar het gesê: “Voorwaar, ek sê vir jou vandag: Jy sal saam met my in die Paradys wees.”—Lukas 23:43.

21, 22. (a) Watter besonder bemoedigende hoop sluit ware vrede in? (b) Wat moet ons doen om daardie seëning te geniet?

21 Jesus het ook geweet dat sy Koninkryk al die treurendes wat geloof in hom beoefen, sal vertroos. Sy vrede sluit die besonder bemoedigende opstandingshoop in. Dink aan sy bemoedigende woorde in Johannes 5:28, 29: “Moet julle nie hieroor verwonder nie, want die uur kom waarin almal wat in die gedenkgrafte is sy stem sal hoor en sal uitkom, dié wat goeie dinge gedoen het tot ’n opstanding van die lewe, dié wat veragtelike dinge beoefen het tot ’n opstanding van oordeel.”

22 Sien jy uit na daardie tyd? Het jy geliefdes aan die dood afgestaan? Smag jy daarna om hulle weer te sien? Neem dan die vrede aan wat Jesus aanbied. Beoefen geloof soos dié van Marta, Lasarus se suster, wat vir Jesus gesê het: “Ek weet dat hy in die opstanding op die laaste dag sal opstaan.” Maar let op Jesus se aanmoedigende antwoord aan Marta: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie geloof in my beoefen, sal lewend word, selfs al sterf hy; en elkeen wat lewe en geloof in my beoefen, sal nóóit sterf nie. Glo jy dit?”—Johannes 11:24-26.

23. Waarom is juiste kennis van God se Woord noodsaaklik om ware vrede te verkry?

23 Ook jy kan daardie belofte glo en daardeur bevoordeel word. Hoe? Deur juiste kennis van God se Woord op te doen. Let op hoe Paulus die belangrikheid van juiste kennis beklemtoon het: ‘Ons het nie opgehou om vir julle te bid nie en te vra dat julle in alle wysheid en geestelike insig vervul mag word met die juiste kennis van sy wil, sodat julle kan wandel op ’n wyse wat Jehovah waardig is om hom ten volle te behaag terwyl julle voortgaan om vrug te dra in elke goeie werk en toe te neem in die juiste kennis van God’ (Kolossense 1:9, 10). Hierdie juiste kennis sal jou daarvan oortuig dat Jehovah God die bron van ware vrede is. Dit sal jou ook leer wat jy nou moet doen sodat jy saam met die psalmis kan sê: “Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon.”—Psalm 4:9.

Kan jy verduidelik?

◻ Waarom het mensepogings vir vrede nog altyd misluk?

◻ Wat is die grondoorsaak van oorlog?

◻ Waarom is blywende vrede nie ’n onrealistiese droom nie?

◻ Wat is die bron van ware vrede?

[Prent op bladsy 8]

Ware vrede is nie ’n droom nie. Dit is God se belofte

[Prent op bladsy 10]

Sedert 1914 het die simboliese ruiter op die vuurkleurige perd vrede van die aarde weggeneem

[Prent op bladsy 11]

Kan godsdiens en die VN vrede bring?

[Erkenning]

UN photo

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel