Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 5/1 bl. 29
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • ’n Tyd om wakker te bly
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Christus se teenwoordigheid—Wat beteken dit vir jou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 5/1 bl. 29

Vrae van lesers

Kan daar gesê word dat die onlangse nuwe begrip van die woord “geslag” in Matteus 24:34 ruimte laat vir die gedagte dat die einde van die stelsel van dinge tot in die onafsienbare toekoms uitgestel kan word?

Dit is beslis nie die geval nie. Inteendeel, die onlangse helderder begrip van hierdie saak behoort ons te help om voortdurend in afwagting van die einde te bly. Hoe so?

Wel, soos Die Wagtoring van 1 November 1995 verduidelik het, het Jesus die uitdrukking “hierdie geslag” met verwysing na eietydse goddelose mense gebruik (Matteus 11:7, 16-19; 12:39, 45; 17:14-17; Handelinge 2:5, 6, 14, 40). Dit was nie, as sodanig, ’n beskrywing van ’n vasgestelde tydperk wat met ’n spesifieke datum begin het nie.

Trouens, “Vrae van lesers” in daardie selfde nommer van Die Wagtoring het die aandag op twee belangrike punte gevestig: “’n Geslag mense kan nie beskou word as ’n tydperk wat ’n vasgestelde aantal jare het nie” en: “Die mense van ’n geslag lewe ’n relatiewe kort tydjie.”

Ons gebruik “geslag” dikwels so. Ons sê byvoorbeeld: ‘Die soldate van Napoleon se geslag het niks van vliegtuie en atoombomme geweet nie.’ Verwys ons net na soldate wat in presies dieselfde jaar as Napoleon gebore is? Verwys ons bloot na die Franse soldate wat vóór Napoleon gesterf het? Natuurlik nie; ook probeer ons nie om deur hierdie gebruik van “geslag” ’n vasgestelde aantal jare te bepaal nie. Maar ons verwys wel na ’n relatiewe kort tydperk, nie na honderde jare van Napoleon se tyd af tot in die toekoms nie.

Dieselfde geld vir ons begrip van wat Jesus in sy profesie op die Olyfberg gesê het. Die vervulling van die verskillende aspekte van daardie profesie bewys dat die einde van hierdie stelsel naby is (Matteus 24:32, 33). Onthou dat Satan, volgens Openbaring 12:9, 10, met die oprigting van God se hemelse Koninkryk in 1914 na die omgewing van die aarde neergewerp is. Openbaring voeg by dat Satan nou groot toorn het. Waarom? Omdat hy weet dat “hy ’n kort tydperk het”.—Openbaring 12:12.

Dit was dus gepas dat Die Wagtoring van 1 November die onderhofie gehad het: “Hou aan waak!” Die daaropvolgende paragraaf het gepas gesê: “Ons het nie nodig om te weet presies wanneer gebeure gaan plaasvind nie. Ons moet ons eerder daarop toespits om waaksaam te wees, sterk geloof aan te kweek en besig te bly in Jehovah se diens—nie om ’n datum te bereken nie.” Toe het dit Jesus se woorde aangehaal: “Bly op die uitkyk, bly wakker, want julle weet nie wanneer dit die vasgestelde tyd is nie. Maar wat ek vir julle sê, sê ek vir almal: Hou aan waak.”—Markus 13:33, 37.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel