Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w01 1/15 bl. 31
  • ’n Spesiale Aankondiging

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Spesiale Aankondiging
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe die Bestuursliggaam van ’n wetlike korporasie verskil
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Gee die hedendaagse Bestuursliggaam jou samewerking
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Die rol van “die getroue en verstandige slaaf”
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Lojaal teenoor Christus en sy getroue slaaf
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
w01 1/15 bl. 31

’n Spesiale Aankondiging

AAN die einde van die jaarvergadering van die Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania op 7 Oktober 2000 het die voorsitter, John E. Barr van die Bestuursliggaam, ’n spesiale aankondiging gemaak. Hierdie aankondiging het verder voortgebou op toesprake wat vroeër daardie dag deur Theodore Jaracz en Daniel Sydlik gehou is.—Sien bladsye 12-16 en 28-31 van hierdie tydskrif.

Broer Barr het ’n baie insiggewende punt gemaak toe hy gesê het: “Aan ‘die getroue en verstandige slaaf’ en sy Bestuursliggaam is belange toevertrou wat meer verhewe en baie omvattender is as dié wat aan wetlike korporasies verleen word. In die handves van elkeen van hierdie liggame is sake uiteengesit waarvan die omvang beperk is. Ons Heer, Jesus Christus, het egter die ‘getroue slaaf’-klas oor al sy ‘besittings’, oftewel Koninkryksbelange hier op aarde, aangestel.”—Matteus 24:45-47.

Aangaande die Pennsilvanië-korporasie het broer Barr verder gesê: “Sedert die stigting van die Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania in 1884 het dit ’n belangrike rol in ons hedendaagse geskiedenis gespeel. Maar dit is bloot ’n wetlike instrument wat vir die gebruik van ‘die getroue en verstandige slaaf’ beskikbaar is, indien nodig.”

Die feit dat al die Heer se besittings aan “die getroue en verstandige slaaf” toevertrou is, het broer Sydlik en Jaracz in hulle toesprake verduidelik, verhinder die slaafklas nie om bekwame manne onder die “ander skape” toe te laat om na sekere alledaagse administratiewe verantwoordelikhede om te sien nie (Johannes 10:16). Daar is ook nie ’n skriftuurlike rede om daarop aan te dring dat almal of enige van die direkteure van die wetlike liggame wat deur Jehovah se Getuies gebruik word, gesalfdes Christene moet wees nie.

Broer Barr het vir die gehoor vertel dat sommige lede van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies wat as direkteure en ampsdraers gedien het, onlangs vrywillig bedank het as lede van die direksie van al die korporasies wat deur “die getroue en verstandige slaaf” in die Verenigde State gebruik word. Verantwoordelike broers van die “ander skape”-klas is gekies om hulle te vervang.

Die besluit hou inderdaad voordele in. Dit laat die lede van die Bestuursliggaam toe om meer tyd te bestee aan die voorbereiding van geestelike voedsel en om andersins na die geestelike behoeftes van die wêreldwye broederskap om te sien.

Ten slotte het die voorsitter vir sy opgewonde gehoor gesê: “Hoewel verskeie wetlike en administratiewe pligte aan ervare opsieners toegewys is, . . . dien hulle almal onder die geestelike leiding van die Bestuursliggaam. . . . Ons almal vertrou biddend op Jehovah vir sy seën op ons verenigde pogings om sy wil te doen, tot die eer en verheerliking van sy groot naam.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel