Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w01 5/1 bl. 19
  • God se naam word van blaam gesuiwer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God se naam word van blaam gesuiwer
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe kan ek met my onderwyser oor die weg kom?
    Jongmense vra
  • Hoe kan ek met my onderwyser oor die weg kom?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
  • Sy het meer bereik as wat sy verwag het
    Ontwaak!—2003
  • Skoolkinders in Nigerië word vir hulle getrouheid geseën
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
w01 5/1 bl. 19

Koninkryksverkondigers berig

God se naam word van blaam gesuiwer

GOD se Woord, die Bybel, sê: “Handhaaf voortreflike gedrag onder die nasies, sodat hulle, in die aangeleentheid waarin hulle teen julle spreek as boosdoeners, as gevolg van julle voortreflike werke waarvan hulle ooggetuies is, God in die dag van sy inspeksie sal verheerlik” (1 Petrus 2:12). Ware Christene streef derhalwe daarna om voortreflike gedrag te handhaaf sodat hulle nie blaam op Jehovah se naam bring nie.

In ’n afgeleë deel van Zambië wat Senanga genoem word, is ’n radio uit ’n onderwyser se huis gesteel. Aangesien Jehovah se Getuies die predikingswerk in daardie omgewing gedoen het, het die man hulle van die diefstal beskuldig. Hy het die saak by die polisie aangemeld en beweer dat die Getuies sy radio gesteel het. As bewys dat die Getuies by sy huis was, het hy ’n traktaat gewys wat hy op die vloer gevind het. Maar die polisie het geweier om hom te glo. Hulle het hom aangeraai om ’n deegliker ondersoek te gaan instel.

Die Getuies wat daardie dag in die onderwyser se buurt gewerk het, is deur die liggaam van ouer manne aangemoedig om met die onderwyser te gaan praat. Van die broers het met hom gaan praat en verduidelik dat hulle Jehovah se naam van die blaam wou suiwer. Gedurende hulle bespreking het hulle vir hom gesê dat hulle ’n jong man in sy huis ontmoet het en vir hom ’n traktaat gegee het. Uit hulle beskrywing het die onderwyser die man herken. Trouens, hulle het aan dieselfde kerk behoort. Die onderwyser het met die jong man gaan praat, maar hy het die beskuldiging ontken. Die onderwyser het toe die saak met die jong man se ouers bespreek en huis toe gegaan. Binne ’n uur het die jong man se ma die gesteelde radio teruggebring.

Spyt oor die valse aantygings wat hy gemaak het, het die onderwyser die liggaam van ouer manne genader en hulle om vergifnis gevra. Die ouer manne het sy verskoning aanvaar, maar gevra dat die bevindings in die openbaar bekend gemaak moet word sodat almal kon weet dat die Getuies onskuldig is. ’n Aankondiging is by die skool gemaak, wat dus Jehovah se naam van blaam gesuiwer het. Jehovah se Getuies kan aanhou om hulle predikingswerk met vrymoedigheid in die omgewing te doen.

[Kaarte/Prent op bladsy 19]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

AFRIKA

Zambië

[Erkenning]

Mountain High Maps® Copyright © 1997 Digital Wisdom, Inc.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel