Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 2/15 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah—absoluut groots!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Gee elke dag ag op Jehovah se Woord!
    Ons Koninkryksbediening—2000
  • Hoe Jehovah ons help om met vreugde te volhard
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Bly gereed, getroue bestuurder!
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 2/15 bl. 31

Vrae van lesers

Waarom sê Jesaja 30:21 dat ’n mens Jehovah se woord “agter jou” sal hoor as die vorige vers aandui dat Jehovah voor jou is, waar dit sê: “Jou oë sal oë word wat jou Grootse Onderrigter sien”?

Jesaja 30:20, 21 sê: “Jou Grootse Onderrigter [sal] hom nie langer verberg nie, en jou oë sal oë word wat jou Grootse Onderrigter sien. En jou ore sal ’n woord agter jou hoor wat sê: ‘Dit is die weg. Wandel daarop’, ingeval julle regs sou gaan of ingeval julle links sou gaan.”

As die leser dit letterlik sou opneem, sien hy Jehovah, die Grootse Onderrigter, voor hom, maar hoor hy Sy stem agter hom. Die woorde is egter figuurlik en moet so verstaan word.

Die beeldspraak van vers 20 is dié van ’n kneg wat sy heer bedien, altyd gereed om die heer se instruksies uit te voer. Net soos ’n kneg wat sy heer se hand noukeurig dophou om te sien wat hy wil hê, hou Jehovah se volk vandag hulle oë stip gerig op die progressiewe skriftuurlike instruksies wat Jehovah deur middel van sy aardse organisasie gee (Psalm 123:1, 2). Ja, hulle gehoorsaam sy leiding en is ingestel op alles wat Jehovah deur “die getroue en verstandige slaaf” aandui.—Matteus 24:45-47.

Wat dan van die woord wat sy knegte agter hulle hoor? Dit is redelik om tot die slotsom te kom dat die stem wat van agter kom, God se stem is wat in die verlede gehoor is en wat deur sy geskrewe Woord spreek soos sy “getroue bestuurder” dit duidelik maak (Lukas 12:42). God se hedendaagse knegte hoor sy stem deur die Bybel ywerig te bestudeer en die beginsels daarvan in hulle lewe toe te pas met behulp van publikasies wat deur “die getroue en verstandige slaaf”, “die getroue bestuurder”, voorsien word. Deur ag te slaan, deur ingestel te wees, op die tydige leiding wat die Grootse Onderrigter gee en deur die Woord van God te bestudeer wat eeue gelede geskryf is, sien sy knegte hom figuurlik voor hulle en hoor hulle sy stem agter hulle.—Romeine 15:4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel