Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 3/1 bl. 3-4
  • Godsdiensvervolging—Waarom?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Godsdiensvervolging—Waarom?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “Geen deel van die wêreld nie”
  • Waarom bly Jehovah se Getuies polities neutraal?
    Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Bly neutraal in ’n verdeelde wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Jy kan lojaal bly wanneer jy vervolg word
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Kan jy jou nou voorberei op vervolging?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 3/1 bl. 3-4

Godsdiensvervolging—Waarom?

DINK jy dat mense weens hulle godsdiens vervolg moet word? Waarskynlik nie—veral solank hulle nie inbreuk maak op die regte van ander nie. En tog het godsdiensvervolging ’n lang geskiedenis en vind dit nog steeds plaas. Regdeur die 20ste eeu is baie van Jehovah se Getuies byvoorbeeld in Europa en ander dele van die wêreld dikwels hulle regte ontneem en wreed mishandel.

Gedurende daardie tyd het Jehovah se Getuies wrede, stelselmatige en langdurige vervolging verduur onder die twee vernaamste totalitêre regimes in Europa. Wat leer hulle ondervinding ons omtrent godsdiensvervolging? En wat kan ons leer uit hoe hulle op hulle lyding gereageer het?

“Geen deel van die wêreld nie”

Jehovah se Getuies probeer wetsgehoorsame, vreedsame en sedelik onberispelike mense wees. Hulle staan nie regerings teë en daag hulle ook nie uit nie; verder lok hulle nie vervolging uit omdat hulle martelare wil wees nie. Hierdie Christene is neutraal op politieke gebied. Dit is in ooreenstemming met Jesus se woorde: “[My volgelinge] is geen deel van die wêreld nie, net soos ek geen deel van die wêreld is nie” (Johannes 17:16). Die meeste regerings erken die Getuies se neutrale standpunt. Maar totalitêre heersers het geen agting vir die Bybelse vereiste dat Christene geen deel van die wêreld moet wees nie.

Die rede hiervoor is verduidelik tydens ’n konferensie in November 2000 by die Universiteit van Heidelberg, Duitsland. Die tema van die konferensie was “Onderdrukking en Selfhandhawing: Jehovah se Getuies onder die Nasionaal-Sosialistiese en Kommunistiese Diktatorskappe”. Dr. Clemens Vollnhals van die Hannah-Arendt-instituut vir Navorsing oor Totalitarisme het gesê: “Totalitêre regimes beperk nie hulle bedrywighede tot die politiek nie. Hulle wil die hele persoon beheer.”

Ware Christene kan nie hulle “hele persoon” aan ’n menseregering oorgee nie, aangesien hulle Jehovah God alleen volkome getrouheid belowe het. Getuies wat onder totalitêre diktatorskappe lewe, het gevind dat die eise van die Staat en die vereistes van hulle geloof soms bots. Wat het hulle in sulke gevalle gedoen? Jehovah se Getuies het deur die geskiedenis heen die beginsel in hulle lewe toegepas wat Jesus Christus se dissipels aangehang het: “Ons moet eerder aan God as heerser gehoorsaam wees as aan mense.”—Handelinge 5:29.

Duisende Getuies het lojaal aan hulle geloof en neutraal in politieke aangeleenthede gebly, selfs onder die wreedste vervolging. Hoe kon hulle volhard? Waar het hulle die krag gekry om dit te doen? Kom ons laat hulle antwoord. En kom ons sien wat almal, Getuies en nie-Getuies, uit hulle ondervindinge kan leer.

[Lokteks op bladsy 4]

Jehovah se Getuies in Duitsland het wrede en langdurige vervolging onder albei 20ste-eeuse totalitêre regimes verduur

[Lokteks op bladsy 4]

“Totalitêre regimes beperk nie hulle bedrywighede tot die politiek nie. Hulle wil die hele persoon beheer.”—Dr. Clemens Vollnhals

[Prent op bladsy 4]

Die Kusserow-gesin is hulle vryheid ontneem omdat hulle nie hulle geloof wou prysgee nie

[Prent op bladsy 4]

Johannes Harms is in ’n Nazi-gevangenis weens sy godsdiensoortuigings tereggestel

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel