Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 2/15 bl. 8-9
  • Vertroosting vir dié wat beproewinge verduur

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vertroosting vir dié wat beproewinge verduur
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • “Die God van vrede” is besorg oor dié wat beproewing verduur
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Hoe jy teenspoed kan verduur
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • 2 Korintiërs 12:9 – “My genade is vir jou genoeg”
    Verduidelikings van Bybelverse
  • Gebed​—⁠Hoe jy daarby kan baat vind
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 2/15 bl. 8-9

Vertroosting vir dié wat beproewinge verduur

WANNEER getroue manne en vroue van die ou tyd beproewinge verduur het, het hulle ernstig tot God gebid vir leiding. Maar hulle het ook die inisiatief geneem om die beproewing te verlig, soos om op vindingryke wyse hulle onderdrukkers te probeer ontwyk. Dawid het byvoorbeeld sy teëspoed verduur deur op Jehovah te vertrou en ook self iets daaromtrent te probeer doen. Wat van ons vandag?

Wanneer jy beproewinge ondervind, neem jy waarskynlik die inisiatief om jou probleem op te los. Sal jy nie, as jy byvoorbeeld sonder werk is, jou inspan om ’n gepaste werk te kry sodat jy jou en jou gesin kan onderhou nie? (1 Timoteus 5:8). Of sal jy nie, as jy aan ’n fisiese kwaal ly, geskikte mediese behandeling probeer kry nie? Dit is interessant dat Jesus, wat krag van God ontvang het om alle soorte siektes te genees, erken het dat ‘dié wat siek is, ’n geneesheer nodig het’ (Matteus 9:12). Jou probleme sal egter nie altyd weggeneem word nie; jy sal dalk moet voortgaan om dit in sekere mate te verduur.

Waarom bid jy nie tot Jehovah God oor die saak nie? Wanneer ons byvoorbeeld werk soek, sal biddende vertroue op God ons help om die versoeking te weerstaan om werk te aanvaar wat strydig is met Bybelbeginsels. Ons sal dit ook vermy om deur hebsug of liefde vir geld “van die geloof af op ’n dwaalspoor gebring” te word (1 Timoteus 6:10). Ja, wanneer ons belangrike besluite oor ons werk of ons gesin of ons gesondheid neem, kan ons op Dawid se aansporing ag slaan: “Werp jou las op Jehovah, en hy sal jou onderskraag. Nooit sal hy die regverdige laat wankel nie.”—Psalm 55:22.

Hartgrondige gebed sal ons ook help om ons verstandelike ewewig te behou, sodat ons nie deur ons beproewing oorweldig word nie. Die apostel Paulus, ’n ware Christen, het geskryf: “Laat julle versoeke in alles deur gebed en smeking tesame met danksegging by God bekend word.” Hoe kan opregte gebed ons vertroos? “Die vrede van God wat alle denke te bowe gaan, sal julle harte en julle verstandelike vermoëns deur middel van Christus Jesus bewaak” (Filippense 4:6, 7). Die vrede van God gaan “alle denke te bowe”. Dit kan ons dus help om ons ewewig te behou wanneer ons deur ontstellende emosies belas word. Dit sal ‘ons harte en ons verstandelike vermoëns bewaak’ en ons sodoende help om nie oorhaastig en onverstandig op te tree nie, wat ons beproewing net kan vererger.

Gebed kan selfs ’n verskil maak aan die afloop van ’n saak. Toe die apostel Paulus ’n gevangene in Rome was, het hy mede-Christene nederig gevra om vir hom te bid. Waarom het Paulus dit gevra? “Ek vermaan julle in die besonder om dit te doen”, het hy vir hulle geskryf, “sodat ek nog gouer aan julle teruggegee kan word” (Hebreërs 13:19). Met ander woorde, Paulus het geweet dat sy medegelowiges se volgehoue gebede tot Jehovah ’n verskil kon maak aan wanneer hy vrygelaat sou word.—Filemon 22.

Sal gebed die afloop van ons beproewing verander? Dit kan. Maar ons moet besef dat Jehovah God dalk nie ons gebede sal beantwoord op ’n manier wat ons sou verkies nie. Paulus het verskeie kere gebid oor sy “doring in die vlees”, moontlik ’n fisiese probleem. God het nie die probleem weggeneem nie, maar eerder vir Paulus gesê: “My onverdiende goedhartigheid is vir jou voldoende; want my krag word in swakheid tot volmaaktheid gebring.”—2 Korintiërs 12:7-9.

Ja, ons beproewing sal dalk nie dadelik verdwyn nie. Maar ons sal die geleentheid hê om ons vertroue in ons hemelse Vader te toon (Jakobus 1:2-4). Wees verseker dat Jehovah God “die uitweg [kan] gee, sodat [ons] dit sal kan verduur”, al neem hy nie die beproewing weg nie (1 Korintiërs 10:13). Dit is opmerkenswaardig dat Jehovah “die God van alle vertroosting . . . wat ons in al ons verdrukking vertroos”, genoem word (2 Korintiërs 1:3, 4). God kan vir ons gee wat ons nodig het om te volhard, en ons het die hoop om vir ewig te lewe.

God se Woord, die Bybel, belowe dat Jehovah “elke traan van hulle oë [sal] afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en angsgeroep en pyn sal daar nie meer wees nie” (Openbaring 21:3, 4). Klink ’n wêreld sonder beproewing amper te goed om waar te wees? Dit kan as jy daaraan gewoond is om met teëspoed saam te lewe. Maar God het vryheid van vrees en rampspoed belowe, en sy voorneme sal beslis verwesenlik word.—Jesaja 55:10, 11.

[Prente op bladsy 9]

Van wanhoop . . . tot verligting

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel