Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w06 1/15 bl. 3
  • Engele—Wie hulle is

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Engele—Wie hulle is
  • ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Wie of wat is engele?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Engele—Beïnvloed hulle jou lewe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Die engele—“Geeste vir openbare diens”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Engele—Hulle invloed op ons
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
Sien nog
ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
w06 1/15 bl. 3

Engele—Wie hulle is

DIE koning van ’n magtige ryk kan sy oë nie glo nie. Drie manne wat tot die dood in ’n vuuroond veroordeel is, word uit die kloue van die dood bevry! Wie het hulle gered? Die koning self sê vir die drie wat op dié manier verlos is: “Mag [julle God] geloof word, wat sy engel gestuur en sy knegte gered het wat op hom vertrou het” (Daniël 3:28). Hierdie Babiloniese heerser van meer as tweeduisend jaar gelede was ’n ooggetuie van ’n reddingsdaad wat deur ’n engel verrig is. In die verlede was daar miljoene mense wat aan engele geglo het. Vandag glo baie mense nie net dat engele bestaan nie, maar hulle meen ook dat engele in sekere opsigte ’n invloed op hulle lewe het. Wie is die engele, en wat is hulle oorsprong?

Volgens die Bybel is engele geeste, net soos God self ’n Gees is (Psalm 104:4; Johannes 4:24). Die engelegesin is ontsaglik groot, daar is miljoene van hulle (Openbaring 5:11). En hulle almal is “magtig in krag” (Psalm 103:20). Hoewel engele soos mense is in die sin dat hulle met ’n persoonlikheid en wilsvryheid geskep is, het hulle nie hulle lewe as mense begin nie. Trouens, God het engele geskep lank voordat mense op die toneel verskyn het—selfs voordat die planeet Aarde geskep is. Toe God “die aarde gegrondves het”, sê die Bybel, het “die môresterre [engele] saam van vreugde uitgeroep . . . en al die seuns van God begin juig” (Job 38:4, 7). Aangesien die engele deur God geskep is, word hulle die seuns van God genoem.

Met watter doel het God engele geskep? Watter rol, indien enige, het engele in die mensegeskiedenis gespeel? Het hulle vandag ’n invloed op ons lewe? Het enige van die engele, aangesien hulle met wilsvryheid geskep is, die weg van Satan die Duiwel ingeslaan en hulle sodoende vyande van God gemaak? Die Bybel voorsien betroubare antwoorde op hierdie vrae.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel