Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w07 8/1 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Soortgelyke materiaal
  • Dawid en Saul
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Hoekom Dawid moet vlug
    My boek met Bybelverhale
  • Oorsig van 1 Samuel
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • “Om gehoorsaam te wees, is beter as ’n offerande”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
w07 8/1 bl. 31

Vrae van lesers

Waarom het koning Saul, nadat Dawid Goliat doodgemaak het, vir Dawid gevra: “Wie se seun is jy, jong man?” aangesien Saul Dawid vroeër laat haal het om sy dienaar te wees?—1 Samuel 16:22; 17:58.

’n Eenvoudige antwoord is dat Saul vergeet het wie Dawid is omdat hulle eerste ontmoeting kort was. Dit is egter onwaarskynlik, aangesien die verslag in 1 Samuel 16:18-23 toon dat koning Saul spesifiek vir Dawid laat haal het en dat hy hom baie liefgekry en sy wapendraer gemaak het. Saul moes Dawid baie goed geken het.

Party Bybelgeleerdes meen dat 1 Samuel 17:12-31 en 17:55–18:5 later bygevoeg is omdat hierdie verse nie gevind word in sekere eksemplare van die Griekse Septuagint nie, ’n vertaling van die Hebreeuse Geskrifte wat in die tweede eeu v.G.J. voltooi is. Dit is egter onverstandig om bloot op grond van hierdie eksemplare van die Septuagint tot so ’n gevolgtrekking te kom, aangesien hierdie gedeeltes in ander gesaghebbende manuskripte van die Hebreeuse Geskrifte verskyn.a

Saul het klaarblyklik nie net daarin belanggestel om te weet wat die naam van Dawid se vader is toe hy hierdie vraag eers aan Abner en toe aan Dawid gestel het nie. Aangesien Saul Dawid in ’n heeltemal nuwe lig gesien het, as iemand met groot geloof en moed wat Goliat pas tevore verslaan het, wou hy weet watter soort man so ’n seun grootgemaak het. Saul het dit dalk oorweeg om Dawid se vader, Isai, of ander lede van sy familie by die leër te voeg, aangesien die moed en dapperheid wat Dawid geopenbaar het, miskien ook in hulle gevind kon word.

Hoewel 1 Samuel 17:58 net hierdie kort antwoord van Dawid insluit: “Die seun van u kneg Isai, die Betlehemiet”, dui die volgende vers daarop dat die gesprek moontlik nie daar geëindig het nie. Let op wat C. F. Keil en F. Delitzsch hieroor sê: “Dit blyk baie duidelik uit die woorde in [1 Samuel 18:1], ‘toe hy klaar met Saul gepraat het’, dat Saul nog verder met hom oor sy familieaangeleenthede gepraat het, aangesien hierdie woorde op ’n langer gesprek dui.”

Uit dit alles kan ons aflei dat Saul deur middel van sy vraag: “Wie se seun is jy, jong man?” nie wou uitvind wie Dawid is nie, iets wat hy reeds geweet het, maar wat Dawid se agtergrond is.

[Voetnoot]

a Vir inligting oor die egtheid van die gedeeltes wat uit die Septuagint weggelaat is, sien Insight on the Scriptures, Deel 2, bladsy 855, uitgegee deur Jehovah se Getuies.

[Prent op bladsy 31]

Waarom het Saul vir Dawid gevra wie se seun hy is?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel