Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 6/1 bl. 22
  • ’n “Onuitspreeklike naam”?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n “Onuitspreeklike naam”?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Wie is Jehovah?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Jehovah
    Redenering uit die Skrif
  • A4 God se naam in die Hebreeuse Geskrifte
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Hoe om die enigste ware God te identifiseer
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 6/1 bl. 22

’n “Onuitspreeklike naam”?

DIE Gateway-boog op die rivieroewer in St. Louis, Missouri, is op 192 meter die hoogste monument in die Verenigde State. Naby een kant van die boog staan ’n kerk wat dikwels die Ou Katedraal genoem word.

Die boekie The Story of the Old Cathedral, wat deur die kerk uitgegee word, beskryf die argitektoniese kenmerke van die ingang van die kerk en sê: “Oor die portiek is ’n pragtige pediment in die middel waarvan die onuitspreeklike naam van God in groot vergulde Hebreeuse letters gegraveer is.” Soos die foto toon, kan die vier Hebreeuse letters יהוה (JHWH), of die Tetragrammaton, wat God se naam verteenwoordig, duidelik gesien word.

Toe die katedraal in 1834 gebou is, het die bisdom van St. Louis heel moontlik gevoel dat die naam in die vorm van die vier Hebreeuse letters ’n prominente plek moes kry. Maar waarom word God se naam dan as ‘onuitspreeklik’ beskou?

Die New Catholic Encyclopedia verduidelik wat plaasgevind het ’n ruk nadat die Jode in die sesde eeu v.G.J. uit ballingskap in Babilon teruggekeer het. Dit sê: “Daar is begin om die naam Jahweh [die Tetragrammaton met klinkers bygevoeg] met spesiale eerbied te bejeën, en die gebruik het ontstaan om die woord ADONAI [Here] of ELOHIM [God] in die plek daarvan te gebruik. . . . Die gebruik het mettertyd daartoe gelei dat die regte uitspraak van die naam Jahweh vergeet is.” Mense het dus opgehou om God se naam te gebruik. Uiteindelik het die presiese uitspraak uit die ou tyd verlore geraak en het God se naam vir hulle onuitspreeklik geword.

Al kan ons nie seker wees presies hoe God se naam uitgespreek is nie, is die hoofsaak dat ons nader aan hom kom as ons sy naam gebruik. Sou jy wou hê dat jou vriende jou as “meneer” of “mevrou” aanspreek, of sou jy verkies dat hulle jou op jou naam noem? Al praat hulle ’n ander taal en spreek hulle jou naam nie presies reg uit nie, sou jy nie nog altyd verkies dat hulle jou op jou naam noem nie? Dieselfde is waar wanneer ons God aanspreek. Hy wil hê dat ons sy persoonlike naam, Jehovah, moet gebruik.

In Afrikaans is die uitspraak “Jehovah” baie bekend. Sou dit nie gepas wees dat almal wat God liefhet, hom op daardie naam aanspreek en sodoende nader aan hom kom nie? Die Bybel sê: “Kom nader aan God, en hy sal nader aan julle kom.”—Jakobus 4:8.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel