Vir ons jongmense
Jesus verstom sy toehoorders
Instruksies: Doen hierdie oefening op ’n stil plek. Stel jou voor dat jy deel is van die gebeurtenis terwyl jy die tekste lees. Visualiseer die toneel. Hoor die stemme. Ervaar die emosies van die hoofkarakters. Leef jou in die verslag in.
ONTLEED DIE TONEEL.—LEES LUKAS 2:41-47.
Waaroor dink jy het die gesprek in vers 46 gegaan?
․․․․․
DELF DIEPER.
Waarom dink jy kon Jesus op so ’n jong ouderdom met die godsdiensleiers praat? Was dit net omdat hy volmaak was, of was daar ’n ander rede?
․․․․․
ONTLEED DIE TONEEL.—LEES LUKAS 2:48-52.
Wat dink jy was Jesus se gesindheid toe hy gevra het: “Waarom moes julle na my gaan soek?”
․․․․․
Waarom kan ons seker wees dat Jesus nie sarkasties of oneerbiedig met sy ouers gepraat het nie?
․․․․․
DELF DIEPER.
Waarom is dit te verstane dat Josef en Maria bekommerd was?
․․․․․
Waarom moes Jesus onderdanig aan sy ouers bly al was hy volmaak?
․․․․․
Dink jy Jesus het dalk skaam gevoel om bestraf te word voor mense wat hom bewonder het?
․․․․․
PAS TOE WAT JY GELEER HET. SKRYF NEER WAT JY GELEER HET OOR . . .
Onderdanigheid.
․․․․․
Die waarde daarvan om Bybelkennis in te neem terwyl jy nog jonk is.
․․․․․
WATTER ASPEKTE VAN HIERDIE BYBELVERSLAG WAS VIR JOU DIE BETEKENISVOLSTE, EN WAAROM?
․․․․․