Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w09 4/1 bl. 24-25
  • Joas het Jehovah weens slegte assosiasie verlaat

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Joas het Jehovah weens slegte assosiasie verlaat
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoekom moet ons Jehovah vrees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Jojada is dapper
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Jongmense – Hoe sal julle lewe uitdraai?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Jehovah beloon moedige dade
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2023
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
w09 4/1 bl. 24-25

Leer jou kinders

Joas het Jehovah weens slegte assosiasie verlaat

DIT was ’n verskriklike tyd in Jerusalem, die stad waar God se tempel gestaan het. Koning Ahasia is ’n rukkie tevore vermoor. Dit is moeilik om selfs te dink aan wat Ahasia se ma, Atalia, toe gedoen het. Sy het Ahasia se seuns—haar eie kleinkinders—laat vermoor! Weet jy hoekom?—a Sodat sy kon regeer in plaas van enigeen van hulle.

Maar een van Atalia se kleinseuns, die baba Joas, is gered, en sy ouma het nie eens daarvan geweet nie. Wil jy weet hoe hy gered is?— Wel, die baba se tannie, Joseba, het Joas in God se tempel weggesteek. Sy kon dit doen omdat haar man die hoëpriester Jojada was. Hulle het saam seker gemaak dat Joas veilig gehou word.

Ses jaar lank het hulle Joas in die tempel weggesteek. Daar is hy alles omtrent Jehovah God en sy wette geleer. Uiteindelik, toe Joas sewe jaar oud was, het Jojada iets gedoen om Joas koning te maak. Wil jy graag hoor hoe Jojada dit gedoen het, en wat met Joas se ouma, die goddelose koningin Atalia, gebeur het?—

Wel, Jojada het die spesiale lyfwagte wat konings destyds in Jerusalem gehad het, in die geheim bymekaargeroep. Hy het hulle vertel hoe hy en sy vrou koning Ahasia se babaseuntjie gered het. Toe het Jojada Joas vir daardie lyfwagte gewys en hulle het besef dat hý die regmatige heerser is. Hulle het toe ’n plan gemaak.

Jojada het Joas uitgebring en hom gekroon. Toe het die mense “hulle hande begin klap en gesê: ‘Mag die koning lewe!’” Die lyfwagte het rondom Joas gestaan om hom te beskerm. Wel, toe Atalia al die gejuig hoor, het sy uitgehardloop en was sy kwaad daaroor. Maar op Jojada se bevel het die lyfwagte Atalia doodgemaak.—2 Konings 11:1-16.

Dink jy Joas het aangehou om na Jojada te luister en om te doen wat reg is?— Hy het, so lank as wat Jojada gelewe het. Joas het selfs gesorg dat mense geld gee om God se tempel reg te maak, wat deur sy pa, Ahasia, en sy oupa Joram verwaarloos is. Maar kom ons kyk wat gebeur het ná die hoëpriester Jojada se dood.—2 Konings 12:1-16.

Joas is gered

Teen daardie tyd was Joas omtrent 40 jaar oud. In plaas daarvan om vriende te bly met mense wat Jehovah gedien het, het Joas vriende gemaak met mense wat valse gode aanbid het. Sagaria, Jojada se seun, was destyds Jehovah se priester. Wat dink jy het Sagaria gedoen toe hy hoor van al die slegte dinge wat Joas nou doen?—

Sagaria het vir Joas gesê: “Omdat julle Jehovah verlaat het, sal hý julle verlaat.” Hierdie woorde het Joas só kwaad gemaak dat hy beveel het dat Sagaria gestenig moet word. Dink net—Joas is van ’n moordenaar gered, maar nou het hý Sagaria laat vermoor!—2 Kronieke 24:1-3, 15-22.

Kan jy sien watter lesse ons uit hierdie verhaal kan leer?— Wel, ons wil nooit soos Atalia wees wat wreed en vol haat was nie. Ons moet eerder ons medeaanbidders en selfs ons vyande liefhê, net soos Jesus ons geleer het (Matteus 5:44; Johannes 13:34, 35). En onthou, as ons begin om goed te doen, soos Joas, moet ons aanhou om vriende te maak met mense wat lief is vir Jehovah en wat ons aanmoedig om hom te dien.

a As jy saam met ’n kind lees, dien die aandagstreep as ’n herinnering om te pouseer en die kind aan te moedig om sy gedagtes uit te spreek.

Vrae:

  • Hoe is Joas gered, en van wie?

  • Hoe het Joas die regmatige koning geword, en watter goeie dinge het hy gedoen?

  • Hoekom het Joas sleg geword, en wie het hy vermoor?

  • Watter lesse kan ons uit hierdie Bybelverhaal leer?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel