Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w10 1/1 bl. 3
  • “Nog net een drankie”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Nog net een drankie”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Hou alkohol op sy plek
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Alkoholgebruik – Hoe kan jy in beheer bly?
    Nog onderwerpe
  • Hoe moet Christene oor alkohol voel?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Behou ’n gebalanseerde beskouing van die gebruik van alkohol
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
w10 1/1 bl. 3

“Nog net een drankie”

ALLEN het alkohol begin misbruik toe hy 11 jaar oud was.a Hy en sy vriende het in die woud gespeel en karakters nageboots wat hulle in rolprente gesien het. Die karakters wat hulle nageboots het, was denkbeeldig, maar wat Allen en sy vriende gedrink het, was regte drank.

Tony was 40 toe hy geleidelik sy drankies van een of twee elke aand tot vyf of ses vermeerder het. Hy het op die ou end nie meer geweet hoeveel drankies hy gedurende die dag gedrink het nie.

Allen het hulp gesoek om sy alkoholprobleem te oorkom. Tony het die hulp van liefdevolle gesinslede en vriende van die hand gewys. Allen lewe vandag nog om sy verhaal te vertel; Tony het ’n paar jaar gelede in ’n motorongeluk gesterf nadat hy te veel gedrink het.

Selfs wanneer iemand te veel drink terwyl hy alleen is, sal sy oormatige drinkery onvermydelik ’n uitwerking op ander mense se lewens hê, dikwels met tragiese gevolge.b Alkoholmisbruik speel baie maal ’n rol in uitskellery en fisiese mishandeling, in aanrandings en moord, in motorongelukke en werkverwante beserings, asook in ’n hele lys gesondheidsprobleme. Alkoholmisbruik kos die samelewing elke jaar miljarde rande, om nie eens te praat van die persoonlike en emosionele tol wat dit van individue, gesinne en kinders eis nie.

Maar “nie almal wat gereeld drink, het ’n drankprobleem nie”, sê die Amerikaanse Nasionale Gesondheidsinstituut, “en nie alle probleemdrinkers drink elke dag nie”. Baie mense wat nie alkoholiste is nie, het sonder dat hulle dit besef, die gewoonte ontwikkel om te veel te drink. Ander drink net nou en dan, maar drink meer as vyf drankies op ’n slag.

As jy besluit om alkohol te drink, ontstaan die vrae: Hoeveel is te veel? Hoe weet jy wanneer jy nie “nog net een drankie” moet drink nie? (Spreuke 23:29, 30, Contemporary English Version). Die volgende artikels sal nuttige inligting oor hierdie onderwerp bespreek.

[Voetnote]

a Van die name is verander.

b Omdat dit vier keer waarskynliker is dat mans alkoholiste sal word as vroue, word die manlike voornaamwoord deurgaans in hierdie reeks artikels gebruik. Maar die inligting is op mans sowel as vroue van toepassing.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel