Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w10 4/1 bl. 16-18
  • Die sinagoge—Waar Jesus en sy dissipels gepreek het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die sinagoge—Waar Jesus en sy dissipels gepreek het
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Het jy geweet?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • Jesus doen wonderwerke in Kapernaum
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Moenie ophou om saam te vergader nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • By die sinagoge in Nasaret
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
w10 4/1 bl. 16-18

Die sinagoge—Waar Jesus en sy dissipels gepreek het

“Toe het hy deur die hele Galilea rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die goeie nuus van die koninkryk verkondig.”—MATTEUS 4:23.

KEER op keer in die Evangelieverslae vind ons Jesus in ’n sinagoge. Jesus het dikwels die sinagoge gekies as die plek om sy predikings- en onderrigtingswerk oor God se Koninkryk te doen, hetsy in Nasaret, die dorp waar hy grootgeword het, of in Kapernaum, die stad wat sy tuisbasis geword het, of in enige van die dorpe of dorpies wat hy gedurende die besige drie en ’n half jaar van sy bediening besoek het. Trouens, toe Jesus op sy bediening teruggekyk het, het hy gesê: “Ek het altyd in ’n sinagoge en in die tempel geleer, waar al die Jode bymekaarkom.”—Johannes 18:20.

Jesus se apostels en ander vroeë Christene het ook dikwels in Joodse sinagoges onderrig. Maar hoe het dit gekom dat die Jode in sinagoges begin aanbid het? En hoe het hierdie huise van aanbidding in Jesus se dag gelyk? Kom ons ondersoek dit van naderby.

Van groot belang in die Jode se lewe Joodse mans het drie keer per jaar na Jerusalem gereis vir die feeste wat daar by die heilige tempel gehou is. Maar wat hulle aanbidding van dag tot dag betref het, het die plaaslike sinagoge in hulle behoeftes voorsien, of hulle nou in Palestina gewoon het of in een van die talle Joodse nedersettings in die buiteland.

Wanneer het sinagoges in gebruik gekom? Party meen dat dit ongeveer die tyd was van die Jode se ballingskap in Babilon (607-537 VHJ), ’n tydperk toe die tempel van Jehovah in puin gelê het. Of dit was dalk kort nadat die Jode uit ballingskap teruggekeer het, toe die priester Esra die volk aangespoor het om groter kennis en begrip van God se Wet te verkry.—Esra 7:10; 8:1-8; 10:3.

Aanvanklik het die woord vir “sinagoge” eenvoudig “byeenkoms” of “gemeente” beteken. Dit is hoe dit gebruik is in die Septuagint, ’n Griekse vertaling van die Hebreeuse Geskrifte. Maar mettertyd het die woord na die gebou begin verwys waar mense vir aanbidding byeengekom het. Teen die eerste eeu HJ het feitlik elke dorp wat Jesus besoek het, sy eie sinagoge gehad; stede het verskeie gehad; Jerusalem het baie gehad. Hoe het hierdie geboue gelyk?

’n Beskeie huis van aanbidding Wanneer die Jode ’n sinagoge wou bou, het hulle gewoonlik ’n hoë terrein gesoek en die gebou so beplan dat die ingang (1) na Jerusalem gewys het. Maar dit lyk asof hierdie standaarde nie altyd streng toegepas is nie, aangesien hulle nie altyd daaraan kon voldoen nie.

Wanneer dit voltooi is, was die sinagoge dikwels ’n beskeie gebou, met net ’n paar meubelstukke. ’n Belangrike kenmerk was egter ’n ark (2), of ’n kis, waarin die gemeenskap se kosbaarste besitting—die boekrolle van die Heilige Geskrifte—gehou is. Tydens vergaderinge is die draagbare ark uitgebring en daarna is dit na ’n veilige vertrek (3) teruggeneem.

Die voorste sitplekke (4), wat vir die presiderende beamptes van die sinagoge en enige belangrike gaste bedoel was, was naby die ark en het na die gemeente gekyk (Matteus 23:5, 6). Naby die middel van die saal was daar ’n verhoog met ’n rostrum en ’n sitplek vir die spreker (5). Aan drie kante van die verhoog was daar banke vir die gemeente (6) wat na die verhoog gekyk het.

Die sinagoge is gewoonlik deur die plaaslike gemeente onderhou en ondersteun. Vrywillige bydraes deur almal, ryk sowel as arm, is gebruik om die gebou in stand te hou. Maar hoe is vergaderinge by die sinagoge gehou?

Aanbidding by die sinagoge Die program vir aanbidding by die sinagoge het lof, gebed, Skriflesing asook onderrigting en prediking ingesluit. Die gemeente het begin deur die Sjema op te sê, wat basies die Joodse geloofsbelydenis was. Die naam het sy oorsprong gehad by die eerste woord van die eerste teks wat opgesê is: “Luister [Sjema], o Israel: Jehovah ons God is een Jehovah.”—Deuteronomium 6:4.

Dan is daar uit die Tora, die eerste vyf boeke van die Bybel, wat deur Moses geskryf is, voorgelees en is dit uitgelê (Handelinge 15:21). Nog ’n voorlesing het gevolg uit die profetiese geskrifte (haftaras), waarna dit verduidelik en toegepas is. Soms het besoekende sprekers hierdie deel van die program behartig, soos Jesus gedoen het by die geleentheid wat in Lukas 4:16-21 beskryf word.

Die boekrol wat by daardie vergadering aan Jesus gegee is, was natuurlik nie soos ons moderne Bybels in hoofstukke en verse ingedeel nie. Ons kan ons dus voorstel hoe Jesus die boekrol met sy linkerhand afgerol en met sy regterhand opgerol het totdat hy die gedeelte gevind het waarna hy gesoek het. Ná die voorlesing is die boekrol weer tot by die begin opgerol.

Hierdie voorlesings is meestal in die oorspronklike Hebreeus gedoen en in Aramees vertaal. In Griekssprekende gemeentes is die Septuagint gebruik.

’n Belangrike deel van die daaglikse lewe Die sinagoge was so ’n belangrike deel van die Jode se daaglikse lewe dat dit, tesame met aangrensende geboue of ander geboue in dieselfde kompleks, vir verskillende dinge gebruik is. Soms is hofsake hier gehou, asook gemeenskapsvergaderinge en selfs samekomste waar maaltye in aangrensende eetkamers bedien is. Reisigers kon soms in die sinagogekompleks oornag.

In feitlik elke dorp was daar ook ’n skool by die sinagoge, dikwels in dieselfde gebou. Ons kan ons ’n vertrek vol jong leerders voorstel wat leer om die groot letters te lees wat ’n onderwyser op ’n wasskryfbord geskryf het. Hierdie skole was ’n belangrike rede waarom die eertydse Jode geletterd was en selfs gewone mense die Skrif geken het.

Die hoofdoel van die sinagoge was egter om ’n plek vir gereelde aanbidding te voorsien. Dit is dus nie verbasend nie dat die vergaderinge van die eerste-eeuse Christene baie in gemeen gehad het met die vergaderinge wat in Joodse sinagoges gehou is. Die doel van Christelike vergaderinge was eweneens om Jehovah deur gebed en lofliedere te aanbid, asook deur die voorlesing en bespreking van God se Woord. Daar was ook ander ooreenkomste. In albei plekke van aanbidding is daar in verskillende behoeftes voorsien en is uitgawes gedek deur vrywillige bydraes; in nie een van hulle was die voorreg om God se Woord te lees en te bespreek tot ’n geestelikeklas beperk nie; in albei gevalle het verantwoordelike ouer manne die leiding in die vergaderinge geneem en dit georganiseer.

Jehovah se Getuies probeer vandag by die patroon bly wat deur Jesus en sy eerste-eeuse volgelinge daargestel is. Hulle vergaderinge by die Koninkryksale het dus sekere dinge in gemeen met daardie eertydse vergaderinge in die sinagoges. Bowenal vergader die Getuies met dieselfde oogmerk as wat liefhebbers van waarheid nog altyd gehad het—om ‘nader aan God te kom’.—Jakobus 4:8.

[Prent op bladsy 16, 17]

Hierdie illustrasie is op ’n bouplan van die eerste-eeuse Gamla-sinagoge gebaseer

[Prent op bladsy 18]

Seuns tussen die ouderdomme van sowat 6 en 13 is by sinagogeskole onderrig

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel