Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w10 7/1 bl. 3
  • Kan jy God by name ken?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan jy God by name ken?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • God se naam
    Ontwaak!—2017
  • Hoe jy God by name kan leer ken
    Ontwaak!—2004
  • Waarom moet ons God se naam gebruik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Eer Jehovah se groot naam
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
w10 7/1 bl. 3

Kan jy God by name ken?

As ’n belangrike persoon jou nooi om hom op sy naam te noem wanneer jy hom groet en aanspreek, is dit ’n eer. Hooggeplaastes word dikwels aangespreek met titels soos “Meneer die President”, “U Majesteit” of “U Edelagbare”. As iemand wat ’n hoë posisie beklee, dan vir jou sou sê: “Noem my asseblief op my naam”, sou jy ongetwyfeld bevoorreg voel.

DIE ware God sê vir ons in sy geskrewe Woord, die Bybel: “Ek is Jehovah. Dit is my naam” (Jesaja 42:8). Hoewel hy ook baie titels het, soos “Skepper”, “Almagtige” en “Soewereine Heer”, het hy sy lojale knegte nog altyd geëer deur toe te laat dat hulle sy persoonlike naam gebruik wanneer hulle met hom praat.

Byvoorbeeld, eenkeer het die profeet Moses God begin smeek deur te sê: “Verskoon my, Jehovah” (Eksodus 4:10). By die toewyding van die tempel in Jerusalem het koning Salomo sy gebed begin met die woorde: “O Jehovah” (1 Konings 8:22, 23). En toe die profeet Jesaja namens die volk Israel met God gepraat het, het hy gesê: “U, o Jehovah, [is] ons Vader” (Jesaja 63:16). Dit is duidelik dat ons hemelse Vader ons nooi om hom op sy naam aan te spreek.

Hoewel dit belangrik is om Jehovah op sy naam aan te spreek, behels dit meer om hom werklik by name te ken. Aangaande iemand wat hom liefhet en op hom vertrou, belowe Jehovah: “Ek sal hom beskerm omdat hy my naam leer ken het” (Psalm 91:14). Ja, om God se naam te ken, moet dus baie behels, aangesien dit ’n sleutelfaktor is as ons sy beskerming wil geniet. Wat is dan nodig sodat jy Jehovah by name kan ken?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel