Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w10 8/1 bl. 8-9
  • Hulle vrees nie meer die einde nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle vrees nie meer die einde nie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom ons lewe werklik sinvol is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Vigs—Die epidemie duur voort
    Ontwaak!—1998
  • ’n Gesprek met ’n buurvrou—Is Jesus God?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Bedrog—’n Wêreldwye probleem
    Ontwaak!—2004
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
w10 8/1 bl. 8-9

Hulle vrees nie meer die einde nie

IN DIE laat 1970’s het Gary en Karen daarvan oortuig geraak dat die einde van die wêreld naby is. Hulle het dus uit die stad na die platteland getrek en besluit om heeltemal selfonderhoudend te word. Hulle wou die einde oorleef.

Om die nodige vaardighede te verkry, het hulle boeke gekoop, klasse en seminare bygewoon en met soveel mense as moontlik gepraat. Hulle het ’n tuin aangelê en 50 dwerg- vrugtebome geplant. Hulle het ’n voorraad saad en gereedskap opgebou. Hulle het geleer hoe om voedsel te kweek en in te lê. ’n Vriend het hulle geleer om vleis te bewerk en te preserveer. Karen het geleer om plante en wortels in die woud te identifiseer sodat hulle dit kan eet as voorrade opraak. Gary het geleer om brandstof uit graan te maak, ’n houtoond te bou en ’n huis te bou wat geen eksterne dienste nodig het nie.

“Weens die verskriklike wêreldtoestande destyds”, sê Karen, “het ek gevoel dat die beskawing binnekort tot ’n einde sou kom.” Gary verduidelik: “Soos ander jongmense, was ek aktief betrokke by die stryd teen rassisme, die Viëtnamoorlog en korrupsie. Maar ek was gou ontnugter. Dit het vir my gelyk asof die mensdom op ’n weg na selfvernietiging is.”

“Een aand”, sê Gary, “het ek ’n bietjie vrye tyd gehad, en ek het ’n Bybel opgetel en van Matteus tot Openbaring gelees. Oor die volgende vier aande het ek dit weer gelees. Die vyfde oggend het ek vir Karen gesê: ‘Ons lewe in die laaste dae. God gaan een van die dae optree om die aarde te reinig. Ons moet die mense vind wat dit sal oorleef.’” Gary en Karen het van die een godsdiens na die ander gegaan op soek na die mense wat vir die einde wou voorberei.

Kort voor lank het een van Jehovah se Getuies aan hulle deur geklop, en ’n Bybelstudie is begin. “Ek was baie opgewonde”, sê Karen, “omdat die Skrif werklik aan my verduidelik is. Ek het gesoek na die waarheid oor die tyd van die einde en ek het dit uiteindelik gevind. Daar is ’n vaste hoop vir die toekoms. Maar nog beter, ek het ’n vriendskap met my hemelse Vader, die Skepper en die God van die heelal, begin opbou.

Gary sê: “My lewe het werklik betekenis gekry. Toe ek die Bybel begin studeer het, kon ek nie genoeg daarvan kry nie. Ek het Bybelprofesieë gelees, die bewyse ondersoek dat dit vervul word en oortuig geraak dat God binnekort gaan optree. Ek het gedink: ‘Mense moet hulle voorberei, nie op rampspoed nie, maar vir die lewe wat God vir ons wil hê.’” Gary en Karen het ’n positiewe beskouing van die toekoms verkry. Eerder as om hulle te bekommer oor die einde van die wêreld, het hulle die vertroue gehad dat God die probleme wat die mensdom teister, sal verwyder en die aarde tot ’n paradys sal herstel.

Wat doen Gary en Karen nou, ongeveer 25 jaar later? Karen sê: “Ek hou aan om my liefde vir Jehovah God en my geloof in hom op te bou en ek probeer ander help om dit ook te doen. Ek en Gary ondersteun mekaar terwyl ons ons gesin sterk en verenig hou in die aanbidding van God. Ons probeer georganiseerd bly, en ons probeer ons lewens eenvoudig hou sodat ons op ander en hulle behoeftes kan konsentreer.”

Gary voeg by: “Ek bid gereeld dat God se Koninkryk moet kom en vir miljoene verligting moet bring. Elke keer dat ek die goeie nuus van God se Koninkryk aan ander verkondig, bid ek dat ek vir ten minste een persoon hoop uit die Bybel kan gee. Jehovah verhoor al meer as 25 jaar daardie gebed. Ek en Karen glo dat Jehovah binnekort groot veranderinge op aarde sal meebring, maar ons vrees nie meer die einde nie.”—Matteus 6:9, 10; 2 Petrus 3:11, 12.

[Prent op bladsy 9]

Gary en Karen geniet dit nou om ander te help om hoop uit die Bybel se boodskap te verkry

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel