Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w10 12/1 bl. 25
  • Waar is die Bybelse Paradys?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waar is die Bybelse Paradys?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • “Sien julle in die Paradys!”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Paradys op aarde—’n Droom of ’n werklikheid?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Beloof die Bybel ’n aardse paradys?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Die Paradys
    Ontwaak!—2013
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
w10 12/1 bl. 25

Ons lesers vra . . .

Waar is die Bybelse Paradys?

▪ Jesus het ’n sterwende man wat moedig geloof in hom uitgespreek het, belowe: “Jy sal saam met my in die Paradys wees” (Lukas 23:43). Waar sou die man wees? Sou die Paradys in die hemel, op die aarde of êrens anders wees waar mense wag om geoordeel te word?

Ons voorouers het aanvanklik in ’n paradys gewoon. Die Bybel sê vir ons: “Jehovah God [het] ’n tuin in Eden geplant, na die ooste, en daar het hy die mens geplaas wat hy gevorm het. . . . En Jehovah God het toe die mens geneem en hom in die tuin van Eden geplaas om dit te bewerk en daarvoor te sorg” (Genesis 2:8, 15). Toe hierdie woorde in Grieks vertaal is, is die woord “tuin” weergegee met pa·raʹdei·sos, waarvan die Afrikaanse woord “paradys” afgelei is.

Net soos ’n egpaar hulle huis sal vergroot wanneer hulle meer kinders kry, is daar van ons eerste ouers verwag om die Paradys buite die grense van Eden uit te brei namate die mensegesin groter word. God het vir hulle gesê: “Vul die aarde en onderwerp dit.”—Genesis 1:28.

Ons Skepper se voorneme was dus dat mense hier op die aarde in ’n paradys moet lewe en kinders moet hê. Hulle sou vir ewig in ’n aardse tuin woon waar geen begraafplase nodig sou wees nie. Die aarde sou die permanente tuiste van die hele mensdom wees. Geen wonder dat die natuurlike kenmerke van ons planeet ons soveel vreugde verskaf nie! Ons is geskep om op ’n pragtige aarde te lewe.

Het God se voorneme verander? Nee. Want Jehovah verseker ons: “So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan. Dit sal nie sonder resultate na my toe terugkeer nie, maar dit sal beslis doen wat my behaag” (Jesaja 55:11). Meer as 3 000 jaar ná die mens se skepping het die Bybel gesê dat “die Formeerder van die aarde en die Maker daarvan . . . dit nie verniet geskep het nie, [maar] dit gevorm het om bewoon te word” (Jesaja 45:18). God se wil het nie verander nie. Die aarde sal nog ’n paradys word.

Dit is interessant dat baie Skrifgedeeltes oor die Paradys bloot beskrywings van lewe op aarde is. ’n Profesie in Jesaja sê byvoorbeeld: “Hulle sal beslis huise bou en dit bewoon; en hulle sal beslis wingerde plant en die vrug daarvan eet” (Jesaja 65:21). Waar word huise gebou en wingerde geplant? Waar word vrugte geëet? Op die aarde. Spreuke 2:21 sê uitdruklik: “Die regskapenes sal op die aarde woon.”

Jesus het ook van ’n aardse paradys gepraat. Hy het weliswaar ’n hemelse paradys belowe, maar dit was vir ’n uitverkore groepie (Lukas 12:32). Ná hulle dood word hulle tot die hemelse Paradys opgewek en sluit hulle by Christus aan om oor die aardse Paradys te heers (Openbaring 5:10; 14:1-3). Hierdie hemelse medeheersers sal verseker dat die Paradys op aarde behoorlik volgens God se standaarde bestuur en in stand gehou word.

Jesus het geweet dat dít God se wil vir die aarde is. Hy was immers saam met sy Vader in die hemel toe die tuin van Eden geskep is. Lewe in ’n toekomstige aardse paradys is moontlik vir alle mense wat vandag geloof beoefen (Johannes 3:16). Aan hulle belowe Jesus: “[Julle] sal saam met my in die Paradys wees.”—Lukas 23:43.

[Foto-erkenning op bladsy 25]

© FORGET Patrick/SAGAPHOTO.COM/Alamy

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel