Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w11 6/1 bl. 24-25
  • Dit het soos pragtige musiek geklink

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dit het soos pragtige musiek geklink
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Vasbeslote om Jehovah te dien
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Hulle het hulle gewillig aangebied — in Madagaskar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Dankbaar vir Jehovah se onfeilbare ondersteuning
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • ’n Nota wat my lewe verander het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
w11 6/1 bl. 24-25

’n Brief uit Madagaskar

Dit het soos pragtige musiek geklink

EK EN my man was op pad na ons nuwe sendingtoewysing—die eiland Madagaskar. Ons het afskeid geneem, ons trane bedwing en ons vrese onderdruk in die vertroue dat Jehovah ons sou plant waar ons sou groei.

Ons sal nooit ons eerste gemeentelike vergadering in ons nuwe toewysing vergeet nie. Dit het geklink asof die broer wat die Wagtoring-studie hou, ’n simfonieorkes lei. Ons begrip van die taal was so beperk dat die gesproke woord soos pragtige musiek geklink het. Dit sou lank neem voordat ons seker kon wees van wat gesê word.

Die eerste keer toe ek ’n aanvullende vraag verstaan het, het ek dit per ongeluk hardop beantwoord. Diegene wat naby my gesit het, het my gehoor, en ek moes my hand voor my mond hou sodat hulle my nie kon hoor lag nie. Ek was verleë maar tog opgewonde dat ek verstaan het wat gesê is!

In plaas daarvan dat ek die een was wat die voorbeeld vir ander in die bediening stel, het ek gevoel dat ek die een is wat aan die hand geneem word. Die broers en susters het op ’n liefdevolle wyse vir my verduidelik hoe om ’n verstaanbare aanbieding in die veldbediening te doen en vir my gewys wat om te sê en watter tekste om te gebruik.

Eendag toe ek in die bediening was, het ’n kind uitgeroep: “Vazaha! Vazaha!” Dit is die algemene Malgassiese woord vir “uitlander”. Ons het vinniger begin loop in die hoop dat daar nie nog kinders by hom sou aansluit nie. Toe het ’n ander seun gekom en hom stilgemaak. “Sy’s nie ’n uitlander nie”, het hy gesê, “sy kan ons taal praat!” Die plaaslike suster wat saam met my was, moes tolk wat hulle sê omdat hulle so vinnig gepraat het dat ek hulle nie kon verstaan nie. Tog het ’n gevoel van bevrediging in my opgewel. Madagaskar het uiteindelik soos my tuiste begin voel.

Meer as een keer wanneer ek eensaam gevoel het, het ’n klein handjie myne geneem, en wanneer ek afgekyk het, het ek ’n glimlaggende gesiggie gesien wat baie bly was om my te sien al kon ek nie so goed kommunikeer nie. Die jonges in die gemeente is tog so ’n seëning van Jehovah. Een jong suster, Hasina, het my persoonlike tolk geword. Wanneer niemand anders my verstaan nie, lyk dit of sy my verstaan. En wanneer ek met my vriende in die gemeente probeer kommunikeer, kom sy dikwels tot my redding en verduidelik sy aan hulle wat ek eintlik bedoel.

Ek en my man was in ’n gemeente wat kort voor lank sou verdeel om ’n nuwe een te stig. Dit het beteken dat party Bybelstudies aan ander oorgegee moes word omdat die studente in die nuwe gemeente se gebied gewoon het. Een suster het my aangemoedig om een van haar studies te hou. Ek was bang en het volgehou dat ek nog nie gereed was nie, maar sy was baie oorredend. Sy het my verseker dat ek dit met Jehovah se hulp sou kon doen. Met sagte, vriendelike oë en in die eenvoudigste taal moontlik het sy vir my gesê dat ek binnekort ander sou kon leer soos ek hulle graag wou leer. Daardie woorde het my baie aangemoedig.

Sedertdien het daardie student goed gevorder. Eendag toe ek buite was, het ek haar my naam hoor roep. Sy en haar man was op pad om hulle huwelik te laat registreer. Hy het begin studeer, en hulle probeer etlike geestelike doelwitte bereik, wat doop insluit. Dit het my vreugde verskaf, hoewel ek weet dat dit Jehovah is wat ’n persoon na hom toe trek, nie ons nie.

Ons het al so baie in hierdie nuwe toewysing geleer. Hoewel ons na ons vriende en familie by die huis verlang, voel dit asof ons ’n deel van hulle saam met ons hiernatoe gebring het. Ons praat dikwels met die broers en susters hier oor hulle, en nou vra hulle selfs hoe dit met hulle gaan. Ons sien uit na die tyd wanneer ons “families” bymekaar kan kom en mekaar kan ontmoet.

Ek hoor nog steeds “musiek” wanneer mense praat. Maar nou verstaan ek die woorde. Ek sien uit na die tyd wanneer ek op ’n harmoniese manier tot die musiek kan bydra deur die taal goed te praat. Jesus het gesê: “Moet julle . . . nooit kwel oor die volgende dag nie, want die volgende dag sal sy eie sorge hê” (Matteus 6:34). Ons sal dus aanhou om een “noot”, of een woord, op ’n slag te leer. En vir eers sal ek aanhou om my ore, verstand en hart in te stel sodat ek skouer aan skouer saam met ons geduldige en liefdevolle broers en susters hier in Madagaskar kan werk.

[Prent op bladsy 25]

Ek preek saam met Hasina

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel