Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w11 7/1 bl. 10
  • Het Jehovah gevoelens?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het Jehovah gevoelens?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Jy kan God bly maak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Bly standvastig wanneer ’n kind in opstand kom
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • “Ek, Jehovah jou God, gryp jou regterhand vas”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Hoe kan jy stry teen negatiewe gevoelens?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
w11 7/1 bl. 10

Kom nader aan God

Het Jehovah gevoelens?

AS DIE antwoord ja is, dan ontstaan daar ’n ander vraag: Het ons gedrag ’n uitwerking op God se gevoelens? Met ander woorde, kan ons God deur ons dade gelukkig of hartseer laat voel? Party eertydse filosowe het gesê dat dit nie so is nie. Hulle het aangevoer dat niemand ’n invloed op God kan hê nie en dat God dus niks kan voel nie. Maar die Bybel skilder ’n ander prentjie, naamlik dat Jehovah tere gevoelens het en dat hy werklik omgee oor wat ons doen. Kyk na die woorde in Psalm 78:40, 41.

Psalm 78 vertel van God se handelinge met eertydse Israel. Nadat Jehovah die nasie uit slawerny in Egipte verlos het, het hy aangebied om in ’n spesiale verhouding met hulle te kom. Hy het belowe dat hulle sy “spesiale eiendom” sou word en dat hulle op ’n merkwaardige manier gebruik sou word om sy voorneme te vervul as hulle aan sy wette gehoorsaam sou bly. Die volk het ingestem en in die Wetsverbond gekom. Het hulle hulle kant van die ooreenkoms nagekom?—Eksodus 19:3-8.

Ons kan vir Jehovah niks kosbaarders gee as om te lewe op ’n manier wat sy hart bly maak nie

Die psalmis sê: “Hoe dikwels het hulle in die wildernis teen hom in opstand gekom!” (vers 40). Die volgende vers voeg by: “Keer op keer het hulle God op die proef gestel” (vers 41). Let op dat die skrywer ’n patroon van opstandigheid beskryf. Hierdie lelike gesindheid het vroeg-vroeg kop uitgesteek—in die wildernis kort ná hulle verlossing uit Egipte. Die volk het teen God begin murmureer en het sy vermoë en bereidwilligheid om vir hulle te sorg, in twyfel getrek (Numeri 14:1-4). ’n Naslaanwerk vir Bybelvertalers sê dat die woorde ‘hulle het teen hom in opstand gekom’ “idiomaties vertaal kan word as ‘hulle het hulle harte teen God verhard’ of ‘hulle het vir God “Nee” gesê’”. Tog het Jehovah sy volk uit sy barmhartigheid vergewe wanneer hulle berou getoon het. Maar dan het hulle na hulle ou weë teruggekeer en weer eens opstandig geword, en die patroon is voortgesit.—Psalm 78:10-19, 38.

Hoe het Jehovah elke keer gevoel wanneer sy wispelturige volk teen hom in opstand gekom het? ‘Hulle het hom gekrenk’, sê vers 40. ’n Ander vertaling sê dat hulle “hom rede tot smart gegee het”. Een Bybelnaslaanwerk verduidelik: “Die betekenis is hier dat die gedrag van die Hebreërs pyn kon veroorsaak—soos die gedrag van ’n ongehoorsame en opstandige kind.” Net soos ’n ongehoorsame kind groot droefheid vir sy ouers kan veroorsaak, het die opstandige Israeliete “die Heilige van Israel bedroef”.—Vers 41.

Wat kan ons uit hierdie psalm leer? Dit is gerusstellend om te sien dat Jehovah ’n hegte band met sy aanbidders het en dat hy nie gou moed opgee met hulle nie. Terselfdertyd gee die besef dat Jehovah gevoelens het en dat ons gedrag ’n uitwerking op sy gevoelens kan hê, ons iets om oor na te dink. Watter uitwerking het hierdie gedagte op jou? Beweeg dit jou om te wil doen wat reg is?

Eerder as om ’n sondige weg te volg en Jehovah hartseer te maak, kan ons kies om ’n regskape weg te volg en sy hart bly te maak. En dit is presies wat hy van sy aanbidders vra: “Wees wys, my seun, en maak my hart bly” (Spreuke 27:11). Ons kan vir Jehovah niks kosbaarders gee as om te lewe op ’n manier wat sy hart bly maak nie.

Voorgestelde Bybelleesgedeelte vir Julie:

Psalms 60-86

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel