Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w11 10/1 bl. 3
  • Is daar vir jou gelieg?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is daar vir jou gelieg?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Die verwoestende gevolge van die eerste leuen
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
  • Petrus en Ananias het gelieg—Watter les kan ons leer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Waarom is dit so maklik om leuens te vertel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Waarom moet ek eerlik wees?
    Jongmense vra
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
w11 10/1 bl. 3

Is daar vir jou gelieg?

MIN dinge maak so seer soos om uit te vind dat iemand wat jy vertrou, vir jou gelieg het. Jy voel dalk verneder, kwaad of selfs verraai. Leuens vernietig vriendskappe en huwelike; dit beroof mense van miljoene der miljoene rande.

Stel jou dan voor hoe jy sou voel as jy uitvind dat daar vir jou oor God gelieg is. As jy ’n godsdienstige persoon is, kan dit jou diep seermaak, soos dit die geval was met hierdie kerkgangers:

● “Ek het gevoel dat die kerk my verraai het.”—DEANNE.

● “Ek was kwaad. Dit het vir my gevoel asof ek om die bos gelei is—asof my verwagtinge en doelwitte op niks uitgeloop het nie.”—LUIS.

Jy huiwer dalk om selfs die moontlikheid te oorweeg dat daar vir jou oor God gelieg is. Wat jy weet, het jy dalk by iemand geleer wat jy vertrou en jou nooit opsetlik sal seermaak nie—jou ouers, ’n predikant, ’n pastoor of ’n goeie vriend. Jy glo ’n sekere lering dalk al jou hele lewe lank. Maar sal jy nie saamstem dat selfs ’n algemeen aanvaarde opvatting vals kan wees nie? Die voormalige Amerikaanse president Franklin D. Roosevelt het hierdie feit erken en gesê: “Herhaling maak nie wat vals is, waar nie.”

Hoe kan jy vasstel of daar vir jou gelieg is? Jesus het eenkeer vir God in gebed gesê: “U woord is die waarheid” (Johannes 17:17). Ja, God se Woord, die Bybel, bevat wat ons nodig het om tussen die waarheid en leuens te onderskei.

Kyk net hoe die Bybel vyf algemene leuens oor God blootlê. Jy sal sien hoe die waarheid jou lewe ten goede kan verander.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel