Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w13 9/1 bl. 16
  • Antwoorde op Bybelvrae

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat sê die Bybel oor die huwelik?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Hoe kan jou gesin gelukkig wees?
    Goeie nuus wat van God kom!
  • Beskerm julle huwelik
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
  • Put vreugde uit die gawe van die huwelik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
w13 9/1 bl. 16

ANTWOORDE OP BYBELVRAE

Hoe kan ’n huwelik gelukkig wees?

Die Bybel se raad oor hoe om ’n gelukkige huwelik te hê, werk omdat dit kom van die Insteller van die huwelik, Jehovah God. Dit leer ons om eienskappe aan te kweek wat ’n huwelik gelukkig kan maak en waarsku ons teen gesindhede wat ’n huwelik kan verwoes. Dit leer ons ook kommunikasievaardighede wat bydra tot geluk in die huwelik.—Lees Kolossense 3:8-10, 12-14.

Die man en vrou moet mekaar eer en respekteer. As albei die rol aanvaar wat God hulle in die huwelik gegee het, kan hulle gelukkig wees.—Lees Kolossense 3:18, 19.

Wat maak ’n huwelik blywend?

As egpare lief is vir mekaar, help dit hulle om bymekaar te bly. God leer ons hoe om lief te hê. Hy en sy Seun, Jesus, is volmaakte voorbeelde van selfopofferende liefde.—Lees 1 Johannes 4:7, 8, 19.

As die man en die vrou die huwelik respekteer as God se reëling, sal hulle bymekaar bly. God het die huwelik ingestel as ’n permanente verbintenis tussen ’n man en ’n vrou sodat gesinne veilig kan wees. Die huwelik kan blywend wees, want God het die man en die vrou gemaak om mekaar fisies en emosioneel aan te vul. Hy het hulle ook na sy beeld gemaak, met die vermoë om sy liefde na te volg.—Lees Genesis 1:27; 2:18, 24.

Vir meer inligting, sien hoofstuk 14 van hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies

Dit kan afgelaai word van www.pr2711.com/af

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel