Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w14 1/1 bl. 16
  • Antwoorde op Bybelvrae

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Soortgelyke materiaal
  • Die beste manier om op ongeregtigheid te reageer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
  • Sal daar ooit geregtigheid wees?
    Nog onderwerpe
  • Jy kan onreg verwerk!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Sal God ooit iets omtrent ongeregtigheid doen?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
w14 1/1 bl. 16
’n Vrou en kind wat in uiterste armoede leef

ANTWOORDE OP BYBELVRAE

Watter soort persoon is God?

God is ’n onsigbare geespersoon. Hy het die hemel, die aarde en alle lewende dinge geskep. Niemand het God geskep nie​—hy het nie ’n begin gehad nie (Psalm 90:2). God wil hê dat mense hom moet soek en moet weet wat die waarheid omtrent hom is.​—Lees Handelinge 17:24-27.

God is ’n persoon wat ons by name kan ken. Ons kan party van sy eienskappe sien in die dinge wat hy gemaak het (Romeine 1:20). Maar as ons God goed wil leer ken, moet ons sy Woord, die Bybel, bestudeer. Dit sal ons help om God se liefdevolle persoonlikheid beter te leer ken.​—Lees Psalm 103:7-10.

Hoe voel God oor ongeregtigheid?

Ons Skepper, Jehovah, haat ongeregtigheid. En hy het mense na sy beeld geskep (Deuteronomium 25:16). Daarom haat die meeste van ons ongeregtigheid. Die ongeregtigheid om ons is nie God se skuld nie. God het die mens wilsvryheid gegee. Ongelukkig misbruik baie mense hulle wilsvryheid en beoefen hulle ongeregtigheid. Dit laat Jehovah gekrenk voel in sy hart.​—Lees Genesis 6:5, 6; Deuteronomium 32:4, 5.

Jehovah het geregtigheid lief, en hy sal ongeregtigheid nie vir ewig duld nie (Psalm 37:28, 29). Die Bybel belowe dat God binnekort ’n einde aan alle ongeregtigheid sal maak.​—Lees 2 Petrus 3:7-9, 13.

Die Bybel belowe dat God binnekort geregtigheid vir almal sal teweegbring

Vir meer inligting, sien hoofstuk 1 van hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies

Ook beskikbaar by www.jw.org/af

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel