Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w14 7/1 bl. 3
  • Slegte dinge gebeur oral!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Slegte dinge gebeur oral!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Soortgelyke materiaal
  • Slegte dinge gebeur met goeie mense—Waarom?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Goddeloosheid—Waarom laat God dit toe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Waarom laat God ons ly?
    Ontwaak!—2004
  • Is God verantwoordelik vir ons lyding?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
w14 7/1 bl. 3

VOORBLADONDERWERP | WAAROM GEBEUR SLEGTE DINGE MET GOEIE MENSE?

Slegte dinge gebeur oral!

Familielede wat bedroef en hartseer is

Smita,a ’n 35-jarige vrou in Dhaka, Bangladesj, was bekend daarvoor dat sy ’n liefdevolle persoon is. Mense het haar geken as ’n jong, hardwerkende en gelukkige getroude vrou wat ander wou help om te leer wat sy omtrent God geleer het. Hoe geskok was Smita se familie en vriende tog toe sy skielik ’n siekte opgedoen het wat haar lewe in minder as ’n week geëis het!

James en sy vrou, ’n jong egpaar in hulle 30’s, het soos Smita ’n goeie naam gehad. Een lente het hulle vir hulle vriende aan die Weskus van die Verenigde State gaan kuier. Hulle het nooit weer teruggekeer na hulle huis in New York nie, want terwyl hulle met vakansie was, het hulle in ’n motorongeluk gesterf. Hulle dood het ’n ontsaglike leemte gelaat in die lewe van hulle geliefdes en medewerkers.

Jy hoef nie ver te soek om te sien dat boosheid en lyding vandag algemeen is nie. Burgerlikes sowel as soldate sterf in oorloë. Onskuldige mense is slagoffers van misdaad en geweld. Mense sterf in ongelukke en kry aftakelende siektes, ongeag hulle ouderdom of stand in die lewe. Natuurrampe wis gemeenskappe voor die voet uit. Vooroordeel en ongeregtigheid is aan die orde van die dag. Miskien was jy self al ’n slagoffer.

Dit is net natuurlik om vrae te vra soos:

  • Waarom gebeur slegte dinge met goeie mense?

  • Moet God die skuld daarvoor kry?

  • Kom rampe toevallig voor of is dit mensgemaak?

  • Is Karma, dit wil sê die gevolge van ’n persoon se dade in ’n vorige lewe, dalk vir sy lyding verantwoordelik?

  • As daar ’n almagtige God is, waarom beskerm hy dan nie goeie mense teen slegte dinge nie?

  • Sal die lewe ooit sonder boosheid en lyding wees?

Om hierdie vrae te beantwoord, moet ons eers die antwoord op die volgende twee vrae kry: Waarom gebeur slegte dinge, en wat sal God doen?

a Name is verander.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel