Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w14 10/1 bl. 3
  • Waarom moet jy in God se Koninkryk belangstel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom moet jy in God se Koninkryk belangstel?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Soortgelyke materiaal
  • “Laat u Koninkryk kom” – ’n Gebed wat deur miljoene mense opgesê word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2020
  • Wat God se Koninkryk vir baie beteken
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Wat Jesus ander oor God se Koninkryk geleer het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • God se Koninkryk
    Ontwaak!—2013
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
w14 10/1 bl. 3
Mense uit verskillende nasies leer oor God se Koninkryk

VOORBLADONDERWERP | GOD SE KONINKRYK—WAT KAN DIT VIR JOU BETEKEN?

Waarom moet jy in God se Koninkryk belangstel?

Miljoene mense regoor die wêreld vestig hulle hoop op God se Koninkryk. Hulle bid soos Jesus sy volgelinge geleer het: “Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde.”—Matteus 6:10.

Dit is ironies dat baie mense opreg belangstel in God se Koninkryk, maar dat die meeste godsdienste blykbaar min aandag daaraan skenk. In dié verband het die geskiedskrywer H.G. Wells gemeld hoe merkwaardig dit is dat Jesus “geweldige klem gelê het op die lering wat hy die Koninkryk van die Hemel genoem het”, en tog, het Wells gesê, is hierdie lering “betreklik onbeduidend in die . . . leer van die meeste Christelike kerke”.

In teenstelling met hierdie kerke plaas Jehovah se Getuies groot klem op God se Koninkryk. Dink hieraan: Ons hooftydskrif, wat jy nou lees, word in 220 tale uitgegee. Byna 46 miljoen eksemplare van elke nommer word gedruk, wat beteken dat dit die tydskrif met die grootste verspreiding ter wêreld is. En wat is hierdie tydskrif se hoofboodskap? Let op die volledige titel daarvan: Die Wagtoring—Kondig Jehovah se Koninkryk aan.a

Waarom doen Jehovah se Getuies soveel moeite om God se Koninkryk te verkondig, of te adverteer? Om maar een ding te noem, ons glo dat God se Koninkryk die vernaamste boodskap is van die belangrikste boek in die wêreld—die Bybel. Wat meer is, ons is oortuig daarvan dat God se Koninkryk die enigste ware oplossing is vir die probleme waarvoor mense vandag te staan kom.

Jehovah se Getuies streef daarna om Jesus se voorbeeld te volg deur die aandag op God se Koninkryk te vestig. Terwyl hy op die aarde was, het hy God se Koninkryk die middelpunt van sy lewe en bediening gemaak (Lukas 4:43). Waarom het die Koninkryk soveel vir Jesus beteken? En wat kan dit vir jou beteken? Ons nooi jou om die Bybel se antwoorde te ondersoek, wat in die volgende artikels bespreek word.

a Jehovah is die naam van God soos dit in die Bybel geopenbaar word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel