Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w15 5/1 bl. 16
  • Antwoorde op Bybelvrae

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat sal tydens die Oordeelsdag gebeur?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Wat is die Oordeelsdag?
    Ontwaak!—2010
  • Die Oordeelsdag—Wat is dit?
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Die oordeelsdag—’n tyd van hoop!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
w15 5/1 bl. 16

ANTWOORDE OP BYBELVRAE

Wat is die oordeelsdag?

’n Gelukkige gesin wat gedurende die duisend jaar herenig word deur die opstanding

Waarom sal die oordeelsdag ’n gelukkige tyd wees?

In Bybeltye het God rigters gebruik om sy volk te verlos toe hulle weens ongeregtigheid gely het (Rigters 2:18). Die Bybel beskryf die toekomstige oordeelsdag as ’n gelukkige tyd wanneer Jehovah, die Regter van die hele aarde, ongeregtigheid sal verwyder.—Lees Psalm 96:12, 13; Jesaja 26:9.

God het Jesus aangestel om geregtigheid vir die lewendes en die dooies te laat geskied (Handelinge 10:42; 17:31). Baie mense het gesterf sonder om God te ken. Gedurende die oordeelsdag sal Jesus hierdie mense opwek sodat hulle die ware God kan leer ken en kan liefkry.—Lees Handelinge 24:15.

Waarom sal die oordeelsdag duisend jaar lank duur?

Die dooies sal gedurende die duisend jaar opgewek word (Openbaring 20:4, 12). Hulle sal tyd nodig hê om God se weë te leer ken en hom te gehoorsaam. In teenstelling met wat mense oor die algemeen glo, toon die Bybel dat mense geoordeel sal word op grond van wat hulle ná hulle opstanding doen.—Lees Romeine 6:7.

Die Bybel beskryf ook ’n oordeelsdag wat skielik sal plaasvind, voordat die duisend jaar begin. Hierdie dag word ook die einde genoem, soos in die voorbladreeks van hierdie tydskrif bespreek is. Gedurende daardie dag sal God al die goddelose mense verwyder (2 Petrus 3:7). Daarom moet ons bewys dat ons God liefhet.—Lees 2 Petrus 3:9, 13.

Vir meer inligting, sien bladsy 213 van hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies

Ook beskikbaar op www.jw.org/af

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel