Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w15 12/1 bl. 6-7
  • Kry hulp om die Bybel te verstaan

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kry hulp om die Bybel te verstaan
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HULP IN DIE VERLEDE
  • HULP IS VANDAG BESKIKBAAR
  • ’n Unieke webwerf
    Ontwaak!—2014
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2014
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2014
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2014
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
w15 12/1 bl. 6-7

VOORBLADONDERWERP | JY KAN DIE BYBEL VERSTAAN

Waar kan jy hulp vind om die Bybel te verstaan?

Stel jou voor dat jy ’n vreemde land vir die eerste keer besoek. Jy kry te doen met mense, gebruike, kos en geld wat vir jou nuut is. Dit is verstaanbaar dat jy moontlik gefrustreerd sal voel.

Dalk sal jy ook so voel wanneer jy die Bybel vir die eerste keer lees. Jy word teruggevoer na ’n eertydse wêreld wat vir jou vreemd is. Daar ontmoet jy mense wat die Filistyne genoem word, sien jy ongewone gebruike soos mense wat ‘hulle klere skeur’ of vind jy uit oor kos wat manna genoem word en ’n muntstuk wat as die dragma bekend staan (Eksodus 16:31; Josua 13:2; 2 Samuel 3:31; Lukas 15:9). Dit alles kan verwarrend wees. Sou jy dit nie waardeer om hulp te ontvang van ’n gids wat vir jou alles kan verduidelik, soos wanneer jy ’n vreemde land besoek nie?

HULP IN DIE VERLEDE

Vandat daar in die 16de eeu voor Christus met die skryf van die heilige geskrifte begin is, is mense gehelp om die teks te verstaan. Moses, die eerste leier van die nasie Israel, het byvoorbeeld ‘onderneem om te verduidelik’ wat geskryf is.​—Deuteronomium 1:5.

Ongeveer tien eeue later was daar nog steeds bekwame onderrigters van die Skrif. In 455 voor Christus het ’n groot groep Jode, insluitende baie kinders, op ’n openbare plein in die stad Jerusalem bymekaargekom. Bybelonderrigters het ‘uit [dieselfde heilige] wetboek voorgelees’. Maar hulle het meer as dit gedoen. “Hulle het wat voorgelees is, . . . verstaanbaar gemaak.”​—Nehemia 8:1-8.

Vyf eeue later het Jesus Christus ’n soortgelyke onderrigtingswerk gedoen. Trouens, die volk het hom hoofsaaklik geken as ’n leermeester (Johannes 13:13). Hy het groot skares, sowel as enkele persone, geleer. By een geleentheid, gedurende die Bergpredikasie, het hy met ’n groot groep mense gepraat, en “die skare [was] verstom . . . oor die manier waarop hy geleer het” (Matteus 5:1, 2; 7:28). In die lente van die jaar 33 het Jesus met twee van sy dissipels gepraat terwyl hulle op pad was na ’n dorpie naby Jerusalem. Hy het “die Skrif ten volle vir [hulle] geopen”, of verduidelik.​—Lukas 24:13-15, 27, 32.

Jesus se dissipels was ook onderrigters van God se Woord. Eenkeer het ’n amptenaar van Etiopië ’n sekere Skrifgedeelte gelees. ’n Dissipel met die naam Filippus het na hom gegaan en hom gevra: “Verstaan u werklik wat u lees?” Die Etiopiër het geantwoord: “Hoe sou ek tog ooit kon, tensy iemand my lei?” Toe het Filippus die Skrifgedeelte aan hom verduidelik.​—Handelinge 8:27-35.

HULP IS VANDAG BESKIKBAAR

Soos Bybelonderrigters van die verlede, doen Jehovah se Getuies vandag ’n Bybelonderrigtingswerk in 239 lande regoor die wêreld (Matteus 28:19, 20). Hulle help meer as negemiljoen mense op ’n weeklikse basis om die Bybel te verstaan. Baie van hierdie Bybelstudente het nie ’n Christelike agtergrond nie. Hierdie studiesessies is gratis en kan gehou word by jou huis of op enige ander plek wat vir jou gerieflik is. Party mense kry hulle lesse selfs per telefoon of videoverbinding, deur middel van ’n rekenaar of ’n ander elektroniese toestel.

Jy kan gerus een van Jehovah se Getuies kontak om uit te vind hoe jy by hierdie reëling kan baat vind. Jy sal sien dat die Bybel beslis nie ’n onverstaanbare boek is nie, maar eerder “nuttig [is] om te onderrig, om tereg te wys, om dinge reg te stel, om in regverdigheid te dissiplineer” sodat jy “volkome bevoeg kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie werk”.​—2 Timoteus 3:16, 17.

Kyk na die video Waarom moet jy die Bybel studeer? op jw.org/af

Kyk na die video Wat gebeur tydens ’n Bybelstudie? op jw.org/af

Hulp op die Internet

’n Vrou wat by ’n straatkafee sit, kyk na die webtuiste jw.org

Sal jy daarvan hou om self uit te vind wat die Bybel leer? Die eerste stap is om na die webwerf jw.org te gaan. Die webwerf bevat gratis inligting oor die Bybel in meer as 700 tale. Jy sal dalk daarvan hou om oor die volgende onderwerpe te leer:

Vrae wat mense dikwels vra

  • Wat is die doel van die lewe?

  • Waarom sterf mense?

  • Wat gebeur wanneer jy sterf??

(Kyk onder BYBELLERINGE > ANTWOORDE OP BYBELVRAE)

Persoonlike probleme

  • Wat jy kan doen as jy terneergedruk is

  • Wat jy kan doen as jy ’n chroniese siekte het

  • Geldprobleme en skuld

(Kyk onder BYBELLERINGE > ANTWOORDE OP BYBELVRAE)

Hulp vir die gesin

  • Hoe om op te hou stry

  • Hoe om verantwoordelike kinders groot te maak

  • Skerp sedelike waardes by jou kinders in

(Kyk onder BYBELLERINGE > EGPARE & OUERS)

Raad vir tieners

  • Wat kan ek omtrent seksuele teistering doen?

  • Sê nou ek word afgeknou?

  • Sê nou ek is eensaam?

(Kyk onder BYBELLERINGE > TIENERS)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel