Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w16 September bl. 13
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Soortgelyke materiaal
  • God se rus—Wat is dit?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Het jy God se rus ingegaan?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Hebreërs 4:12 – “Die woord van God lewe en is aktief”
    Verduidelikings van Bybelverse
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
w16 September bl. 13
’n Ma en dogter maak plante nat in die Paradys

“Die woord van God is lewend”

Vrae Van Lesers

Wat is “die woord van God” wat volgens Hebreërs 4:12 ‘lewend is en krag uitoefen’?

Die konteks toon dat die apostel Paulus verwys het na die boodskap, of verklaarde voorneme van God, wat ons in die Bybel vind.

Hebreërs 4:12 word dikwels in ons publikasies aangehaal om te toon dat die Bybel die krag het om lewens te verander, en dit is heeltemal gepas om hierdie toepassing te maak. Maar dit is nuttig om Hebreërs 4:12 in konteks te ondersoek. Paulus het die Hebreeuse Christene aangemoedig om met God se voornemens saam te werk. Baie van sy voornemens is in die heilige geskrifte uiteengesit. Paulus het die Israeliete wat uit Egipte verlos is, as ’n voorbeeld gebruik. Hulle het die vooruitsig gehad om in te gaan in die beloofde “land wat oorloop van melk en heuning”, waar hulle ware rus kon geniet.—Eks. 3:8; Deut. 12:9, 10.

Dit was God se verklaarde voorneme. Maar die Israeliete het later hulle harte verhard en nie geloof beoefen nie, en daarom het die meeste van hulle nie in daardie rus ingegaan nie (Num. 14:30; Jos. 14:6-10). Paulus het egter bygevoeg dat “’n belofte om in [God se] rus in te gaan, nog van krag is” (Heb. 3:16-19; 4:1). Dit is duidelik dat hierdie “belofte” deel is van God se verklaarde voorneme. Ons kan net soos die Hebreeuse Christene van hierdie voorneme lees en daarmee saamwerk. Om te beklemtoon dat hierdie belofte op die Skrif gebaseer is, het Paulus gedeeltes van Genesis 2:2 en Psalm 95:11 aangehaal.

Dit behoort ons harte te raak dat “’n belofte om in [God se] rus in te gaan, nog van krag” is. Ons het die vertroue dat die Bybelse vooruitsig om in God se rus in te gaan, ’n werklikheid is, en ons het stappe gedoen om in God se rus in te gaan. Ons het dit nie gedoen deur die Mosaïese Wet te probeer onderhou of deur Jehovah se goedkeuring deur ander werke te probeer verkry nie. In geloof het ons eerder vreugdevol met God se geopenbaarde voorneme saamgewerk, en ons sal aanhou om dit te doen. En duisende mense regoor die wêreld het begin om die Bybel te studeer en om van God se verklaarde voorneme te leer. Soos vroeër genoem is, het dit baie van hulle beweeg om hulle lewenswyse te verander, om geloof te beoefen en om gedoopte Christene te word. Die manier waarop hulle geraak word, is ’n duidelike bewys dat ‘die woord van God lewend is en krag uitoefen’. God se verklaarde voorneme, soos dit in die Bybel uiteengesit word, het reeds ons lewe geraak en sal voortgaan om krag uit te oefen in ons lewe.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel