Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/85 bl. 7
  • Help studente om “gesonde woorde” te deel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help studente om “gesonde woorde” te deel
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • RIG BELANGSTELLENDES NA DIE ORGANISASIE
  • Maak die gesonde leer jou lewenswyse
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Wat kan ons help om die woord van die waarheid reg te hanteer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Hou aan om te beoefen wat julle geleer het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Bybelboek nommer 55—2 Timotheüs
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1985
km 11/85 bl. 7

Help studente om “gesonde woorde” te deel

1 Die apostel Paulus het woorde opgeteken wat verstandige en voordelige raad bevat tot seen van God se volk in die eerste eeu. Dit is ’n deel van die geïnspireerde Woord van God, en die Christengemeente vind vandag grootliks daarby baat. Paulus het beset dat hy onder leiding van God se heilige gees skryf en dat dit diegene wat die raad sou lees en toepas tot voordeel sou strek. Vir Timotheus het hy gesê: “Bly vashou aan die patroon van gesonde woorde wat jy van my gehoor het, met die geloof en die liefde in verband met Christus Jesus.”​—2 Tim. 1:13, NW.

2 Hoe kon Timotheüs dit doen? Paulus het hom byvoorbeeld vermaan: “Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het” (2 Tim. 3:14). Paulus en ander het Timotheüs in die weg van die waarheid opgevoed. Hy het ’n goeie bedienaar van die goeie nuus geword, ’n intieme metgesel van Paulus, een op wie daar vertrou kon word om ander te help om ook ‘vas te hou aan die patroon van gesonde woorde’. Dink jy dat Timotheüs so ’n voortreflike Christen sou gewees het as hy nie geluister, geleer en die dinge beoefen het wat tot die Christelike persoonlikheid bydra nie? Allesbehalwe! Wat leer dit ons dus vandag oor ons verantwoordelikheid om gesonde woorde aan ander te leer?

3 Ons moet alles in ons vermoë doen om die waarheid in die harte van Bybelstudente in te skerp. As ons dit doen, kan hulle beweegrede om Jehovah se wil te doen op die regte begeerte gebaseer word, naamlik om Jehovah te behaag en om aan ander die wonderlike beloftes in sy Woord bekend te maak. Om die waarheid in ander se harte in te skerp, moet die waarheid ons goed ingeprent wees. Is dit? Die goeie voorbeeld wat ons deur ons gedrag stel, openbaar ons vaste fondament (1 Tim. 4:12). As ons taal suiwer en ons houding teenoor ons broers voorbeeldig is, openbaar ons die nuwe persoonlikheid en lewer ons verdere bewys dat die waarheid in ons hart is.​—Ef. 4:29, 31, 32.

RIG BELANGSTELLENDES NA DIE ORGANISASIE

4 Het jy ’n hulpprogram vir jou Bybelstudente? As jy ’n Bybelstudie begin, rig jy die belangstellendes gereeld na die organisasie? Dit kan op verskeie maniere gedoen word. Jy kan hulle van die vergaderinge by die Koninkryksaal vertel en die doel daarvan verduidelik. Jy kan stelselmatig die redes vir sulke vergaderinge verstrek—die een week die Openbare Vergadering, die ander week die Wagtoring-studie, ensovoorts —en sodoende hulle aptyt vir verdere Bybelkennis wek. Met verloop van tyd kan jy beklemtoon dat ons nie tevrede wil wees om net self die waarheid te leer nie, maar dit ook met ander wil deel. Moedig Bybelstudente aan om met hulle bure, familielede, vriende en ander te gesels. Berei hulle voor vir die dag wanneer hulle ook aan die huis-tot-huisbediening sal deelneem. Wys vir hulle dat dit slegs die begin is wanneer jy die waarheid leer ken. Ander moet ook die goeie nuus van die Koninkryk hoor.​—Matt. 24:14; 28:19.

5 Van nou af sal dit gepas wees om Bybelstudente en belangstellendes na die viering van die Gedenkmaal te nooi. Dink net, die Gedenkmaal in hierdie land en lande onder die Suid-Afrikaanse tak is vanjaar deur 101,831 bygewoon! Dit toon dat baie die uitnodiging om van die water van die lewe te drink, aanneem.​—Openb. 22:17

6 Die raad oor hulp aan Bybelstudente is natuurlik eweseer van toepassing op die hulp wat aan ons kinders verleen moet word. Ons wil by hulle ’n hartgrondige waardering vir Jehovah, sy Woord en sy organisasie opbou sodat hulle ook aan ‘die patroon van gesonde woorde sal vashou’.

7 As ons ons verantwoordelikhede besef en op Jehovah vertrou, kan ons seker wees dat hy ons pogings sal seën om soveel moontlik van die ouer publikasies te versprei, veral die Vrede en veiligheid-boek. in tale wat nog beskikbaar is. Hierdie ouer publikasies bevat gesonde woorde wat ons tot die Bybel rig vir leiding en ons kan daarvan seker wees dat ander opregte persone dit sal hoor en saam met ons aan die allerbelangrikste Koninkrykswerk sal wil deelneem.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel