Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/86 bl. 1-4
  • Hoe om tydskrifaanbiedings voor te berei

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om tydskrifaanbiedings voor te berei
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • VOORBEREIDING
  • IN DIE VELD
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met tydskrifte
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Lees jy die tydskrifte?
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Bied die tydskrifte aan wat van die waarheid getuig
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Kies artikels oor dinge waarin mense veral belangstel
    Ons Koninkryksbediening—1998
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1986
km 1/86 bl. 1-4

Hoe om tydskrifaanbiedings voor te berei

1 Wat sal jou bronmateriaal wees as jy vir iemand wil wys hoe om vandag se probleme die hoof te bied? Waarheen kan jy jou wend as jy die ware betekenis van huidige gebeure wil verduidelik en tog polities neutraal wil bly en nie een ras bo die ander wil verhef nie? Na watter informasie kan jy met vertroue verwys as jy iemand wil help om wêreldgebeure dop te hou en te sien hoe dit Bybelprofesieë vervul? Watter gedrukte materiaal is die allerbeste as jy iets wil aanbied wat geloof in die heersende Koning, Jesus Christus, opbou en Jehovah God verheerlik as die Soewerein van die heelal? Die antwoord op al hierdie vrae is Die Wagtoring en Ontwaak!

2 Hierdie twee tydskrifte verskaf inderdaad die leesstof wat die mensdom vandag nodig het. Bied ons hierdie tydskrifte met oortuiging, geesdrif en ywer aan? Is ons goed voorbereid sodat ons die tyd behoorlik benut? Kan ons ons aanbiedings verbeter?

VOORBEREIDING

3 Een van die beste maniere om dadelik ’n idee te kry van die inhoud van elke nommer van Die Wagtoring en Ontwaak! is om die dele “In hierdie nommer” en “Glansartikels” op bladsy 2 te lees. Talle verkondigers kry idees oor wat om te sê deur net hierdie inhoudsopgawes deur te lees. Maar dit is slegs die begin.

4 Blaai vervolgens elke nommer deur en lees die titels en tussenhofies van die artikels. Dink dan na oor wie in die gebied dalk in hierdie onderwerpe sal belangstel. Lees nou die tydskrif artikel vir artikel deur en let op interessante geselspunte. Van tyd tot tyd word belangrike gedagtes selfs in kursiewe of vet druk beklemtoon. Vestig mense se aandag hierop wanneer jy die tydskrifte vir hulle wys.

5 Besluit watter artikels by verskillende soorte mense in die gebied sal byval vind wanneer jy elke tydskrif deurlees. Sekere artikels vind veral by ’n sekere deel van die bevolking byval. Artikels het al verskyn oor enkelouers, aborsie, kernoorlog, kindermishandeling, ongelukke en ’n magdom ander onderwerpe. Let dus op na punte wat die beste pas by mense in jou gebied wanneer jy die verskeidenheid gepubliseerde artikels lees.

IN DIE VELD

6Al ons voorbereiding sal nutteloos wees vir diegene wat die informasie in Die Wagtoring en Ontwaak! nodig het as ons nie velddiens doen nie. As ons hierdie tydskrifte waardeer, sal ons gereeld tyd afstaan om aan die tydskrifwerk deel te neem. Wend ’n spesiale poging aan om die velddiensreëlings op die tweede en vierde Saterdae van elke maand te ondersteun. Stel jou dit ten doel om jou tydskrifverspreiding te vergroot, indien moontlik. Hou in gedagte dat dit belangrik is om vertroud te wees met die inhoud van elke nommer. Moenie huiwer om hulle by elke geleentheid aan te bied nie. Berei goed voor sodat jy jou daarop kan toelê om die woord van die waarheid reg te sny.​—2 Tim. 2:15.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel