Elkeen kan deelneem
1 Die apostel Johannes het gehoor hoe 24 ouderlinge in die hemel God loof en sê: “U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag” (Openb. 4:11). Al Jehovah se knegte vandag kan God deur soortgelyke woorde van lof verheerlik (Ps. 148:1, 12, 13). Ons kan dit gedurende Augustus doen deur die nuwe ‘Onderwerp vir gesprekke’ te gebruik en een van die voorgestelde brosjures aan te bied.
2 Die lektuuraanbod vir Augustus stel ons in staat om veelsydig te wees en ons aanbieding aan te pas by die behoeftes van die huisbewoner. Ons sal Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Laat u Naam geheilig word” —Watter naam? of Die regering wat die Paradys gaan bring aanbied. Wees voorbereid om die brosjure aan te bied wat die geskikste is vir die gebied sowel as vir die persoon wat jy by die deur teëkom.
DIE REGERING-BROSJURE
3 Nadat jy jou voorgestel het, kan jy sê: “Die mensdom het dwarsdeur die geskiedenis baie gely. Wat dink u is die rede hiervoor? [Laat huisbewoner kommentaar lewer.] Die Bybel verduidelik dat die mens nie oor homself kan heers nie. [Lees Prediker 8:9.] Hierdie teks toon dat dit vir mense onmoontlik is om ’n regering op die been te bring wat werklik blywende geluk sal bring. Slegs God kan dit doen. Kyk wat gaan God se regering volgens die Bybel doen.” [Lees Miga 4:3, 4.] Sluit af deur te sê: “Om u te help verstaan hoe God se regering die paradys gaan bring, bied ek hierdie brosjure teen ’n bydrae van 50c vir u aan. Kyk wat sê dit hier op bladsy 3.” Lees paragraaf.
DIE LEWE OP AARDE-BROSJURE
4 Is jy ’n jong persoon wat Jehovah loof of iemand wat onlangs eers begin het om velddiens te doen? Die volgende aanbieding kan jou help om gedurende Augustus brosjures by mense te laat. Nadat jy jou naam verstrek het, kan jy sê: “Ek wil graag ’n brosjure by u laat wat toon hoe ’n hemelse koning blywende vrede vir die mensdom gaan bring. Kyk wat sê dit bokant prent nommer 49. [Lees kommentare.] U sal dit interessant vind om die prente te ondersoek en die teksverwysings in hierdie brosjure te lees. Ek bied dit aan teen ’n bydrae van 50c.”
DIE NAAM-BROSJURE
5 ’n Goeie manier om God te loof, is deur sy naam Jehovah te verheerlik. Nadat jy jou naam verstrek het, kan jy sê: “Ek het met u bure gesels oor die belangrikheid daarvan om die naam van die ware God te ken. Het u al opgemerk dat min mense God se naam gebruik of weet wat dit beteken? [Laat huisbewoner kommentaar lewer.] Die Bybel sê in Psalm 83:19 (NW) dat God se naam Jehovah is. Sy naam beteken dat hy sy beloftes vervul. Een van die wonderlike beloftes wat hy gemaak het en wat binnekort vervul gaan word, is in Miga 4:3, 4 opgeteken.” Lees die teks en lewer kortliks kommentaar. Gaan dan voort deur die brosjure by bladsy 30 oop te slaan, en sê: “Kyk na hierdie kommentaar oor die waarde daarvan om God se naam te ken. [Lees paragraaf 2.] Die informasie in hierdie brosjure is baie insiggewend. U kan hierdie eksemplaar teen ’n bydrae van 50c kry.”
6 Huisbewoners het verskillende belange of behoeftes. Party is godsdienstig en lees nog die Bybel. Ander hou daarvan om oor die politiek en die regering te gesels. Diegene met beperkte leesvermoë sal waarskynlik ’n vereenvoudigde teks met illustrasies waardeer. Wanneer ons met ’n persoon praat, moet ons gevolglik vasstel waarin hy belangstel en die gepaste brosjure vir hom aanbied. Laat ons almal gedurende Augustus Jehovah loof deur die brosjures aan te bied terwyl ons die goeie nuus van die Koninkryk verkondig.