Vraebus
• Wanneer kan ’n nuwe Bybelstudie gerapporteer word en met wie kan studies gerapporteer word?
’n Nuwe tuisbybelstudie kan as sodanig gerapporteer word wanneer dit twee keer gehou is na die besoek waarop die studiereëling gedemonstreer is en daar rede is om te glo dat die studie sal voortduur. ’n Studierapportvorm moet ingevul en elke maand ingegee word.
’n Herbesoek en die tyd word gerapporteer elke keer wanneer ’n tuisbybelstudie gehou word. As omstandighede vereis dat ’n ander verkondiger die studiehouer vergesel, en as beide op ’n betekenisvolle manier aan die studie deelneem, kan albei die tyd rapporteer. Maar net die studiehouer sal die herbesoek en die Bybelstudie rapporteer. Gewoonlik sal dit nie nodig wees dat meer as twee verkondigers by die onderrigting by ’n tuisbybelstudie betrokke is nie.
Tuisbybelstudies moet met nuwe persone gehou word totdat hulle die twee boeke bestudeer het wat hulle in die waarheid sal vestig, naamlik Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe en Verenig in die aanbidding van die enigste ware God. Die studie, herbesoeke en velddienstyd kan gerapporteer word totdat hierdie twee publikasies voltooi is, al laat die persoon hom doop voordat hierdie twee boeke voltooi is.
Soms kan ’n ouere man op die Gemeentelike Dienskomitee ’n verkondiger versoek om ’n tuisbybelstudie met iemand te hou wat reeds gedoop is maar wat onaktief geword het. Dit strook met die Genootskap se reëling om diegene wat hulp verlang op te bou. In so ’n geval kan die studie sowel as die verwante herbesoeke en velddienstyd gerapporteer word.—Kyk omAF bl. 103-104.
Ouers is voor Jehovah verantwoordelik om hulle kinders in die regte aanbidding te onderrig en op te lei (Deut. 4:9; Ef. 6:4). ’n Gereelde gesinsbybelstudie is baie nuttig in hierdie opsig. ’n Gesinshoof of ouer kan ’n gesinsbybelstudie wat gereeld gehou word, rapporteer as daar ongedoopte lede by is. ’n Uur velddiens en ’n herbesoek kan ook elke week wat die studie gehou word, gerapporteer word.—Kyk kmAF 8/83 bl. 4.