Gebruik die Teokratiese Bedieningskool om vooruitgang te maak
1 Ons is verheug dat Jehovah ons “’n geoefende tong” gegee het (Jes. 50:4). Die Teokratiese Bedieningskool is ’n belangrike onderriginstrument wat Jehovah al meer as 44 jaar gebruik om ons van teokratiese opleiding te voorsien. Ons het nou ons nuwe rooster vir die Teokratiese Bedieningskool. Het jy die instruksies vir 1988 se skool sorgvuldig hersien?
2 Die eerste toewysing, Bybelglanspunte en tweede toespraak sal dieselfde patroon as gedurende die vorige jaar volg. Maar toespraak nr. 3 en 4 sal verskil aangesien hulle twee leermiddele gaan dek wat ons dikwels in die veldbediening gebruik, naamlik Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe en Redenering uit die Skrif.
3 Toespraak nr. 3 sal om die beurt op die Redenering-boek. en die Paradys op aarde-boek gebaseer word. Wanneer dit op die Paradys op aarde-boek gebaseer word, moet dit in die besonder aan susters toegewys word wat nuut in die waarheid of jonk is. Sodoende sal hulle waardevolle ondervinding opdoen en vertroud raak met hierdie veldinstrument. Toespraak nr. 4 sal deurgaans op die Redenering-boek gebaseer word.
4 Namate ons die Redenering-boek tydens ons weeklikse skoolvoorbereiding deurwerk, sal dit ons help om baie beter vertroud te raak met die inhoud daarvan, en dan sal ons makliker daaraan dink om dit te gebruik wanneer vrae gevra of besware geopper word. Dit sal ons help om doeltreffender in die veldbediening te word omdat ons geoefende tong die waarheid met groter oortuigingsvermoë sal spreek.—Vergelyk Handelinge 17:2, 3.