Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/88 bl. 3-4
  • Laat jou hand nie rus nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Laat jou hand nie rus nie
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • GROTER POGINGS OM GEBIED WAARIN SELDE GEWERK WORD TE DEK
  • Het jy ’n persoonlike gebied?
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Bied Die Goeie Nuus Aan—In gebied wat gereeld gedek word
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Sal jy daarby baat vind om persoonlike gebied te hê?
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Op ’n doeltreffende en ordelike wyse
    Ons Koninkryksbediening—1987
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1988
km 1/88 bl. 3-4

Laat jou hand nie rus nie

1 Die verslag in die jaarboek vir 1988 gee ons rede om baie verheug te wees wanneer ons dink aan die geestelike voorspoed van Jehovah se volk orals. Terselfdertyd toon dit dat daar nog ‘volop is om in die werk van die Here te doen’.​—1 Kor. 15:58, NW.

2 In hierdie land alleen het altesaam 124 234 die Gedenkmaal op 12 April 1987 bygewoon, en 2 511 is gedurende die 1987-diensjaar gedoop. Behoort ons nie, aangesien hierdie vrug gedeeltelik deur ’n ywerige, stelselmatige dekking van gebied voortgebring is, aan te hou om ons gebied gedurende die 1988-diensjaar deeglik te dek nie? Ons werk sal nie vergeefs wees nie.

GROTER POGINGS OM GEBIED WAARIN SELDE GEWERK WORD TE DEK

3 As julle gemeente gebied het waarin daar selde gewerk word, kan jy een hiervan as ’n persoonlike gebiedsaanwysing aanvra. As jy sulke gebied aanvra, kan dit die gemeente in Staat stel om gebiede te dek waarin daar nie dikwels gewerk word nie.

4 In sulke gemeentes kan ouere manne ook gepaste groepreëlings tref om die gebied te dek waarin selde gewerk word. Verkondigers kan moontlik middagete saamneem en ’n hele dag in afgeleë gedeeltes van die gemeente se gebied werk. Stel jou dit gerus ten doel om vanjaar soveel moontlik van hierdie gebiede te dek.

5 As julle gemeente sy gebied gereeld dek, kan jy tydelik die geleentheid hê om gemeentes in ander gebiede te help om hulle gebied te dek. Die presiderende opsiener van een gemeente wat sulke hulp ontvang het, het gesê dat 14 verkondigers “in tien dae gedoen het wat die gemeente in een maand sou doen”. Kan jy vanjaar op so ’n manier help?

6 Daar is ook diegene wat kan vra om in een of meer van die ongeveer 1 024 ontoegekende gebiede in Suid-Afrika en buurstate te werk, ’n Voorlopige rapport van die ontoegekende-gebied-kampanje vir 1987 toon dat 6 240 verkondigers uit 181 gemeentes ’n deelname daaraan gehad het. Hulle het 11 096 boeke, 24 105 boekies, 66 intekeninge en 32 802 tydskrifte versprei. Daar is ook 5 575 herbesoeke gedoen en 318 Bybelstudies gehou. Soos jy sal besef, is meer werkers nodig om die goeie nuus van die Koninkryk in die talle ontoegekende gebiede te verkondig. Gebiede wat besondere aandag vereis, is Noord-Kaapland en dele van Suidwes-Afrika. Sommige van hierdie gebiede het baie jare lank nie ’n getuienis ontvang nie. Gedurende Maart 1988 sal alle gemeentes ’n brief ontvang met ’n lys van gebiede wat as ontoegekende gebied beskikbaar is. Ons nooi jou om vanjaar ’n toewysing aan te vra en jou aandeel daarin te vergroot om ‘die koninkryk van God wyd en syd bekend te maak’.​—Luk. 9:60, NW.

7 Sorgvuldige beplanning is nodig om ons tyd en middele ten beste te benut ten einde regskapenes in ontoegekende gebiede te bereik. Die gebiede wat die grootste aandag nodig het, is dikwels die wat vier uur of meer per motor van die naaste gemeente is. Kan jy reëlings tref om ’n week of langer in die gebied te bly? Dit sal jou poging die moeite werd en veel lonender maak. Pioniers, kan julle ’n groep van vier of meer reël om ’n toewysing vir ’n tydperk van een tot drie maande te onderneem? Kan die gemeentes help om die pioniers op die een of ander manier te ondersteun? ’n Gesamentlike poging deur almal sal ryklik beloon word.

8 Kan jy dien waar daar meer hulp nodig is? Daar is talle gebiede waar pioniers, ouere manne en bedieningsknegte nodig is om die leiding te neem, na belangstelling om te sien en te help om nuwe gemeentes te stig. Voordat jy verhuis, is dit baie verstandig om die koste te bereken (Luk. 14: 28). Onthou, in die meeste gebiede waar hulp nodig is, is die dorpe klein, is sekulêre werk dikwels skaars, en sal jy moontlik nie altyd ander hê om saam met jou in die velddiens te werk nie. ’n Opregte begeerte om te help en ’n innige liefde vir ander is noodsaaklik. Dit is noodsaaklik dat jy besef wat dit beteken om selfopofferend te wees. Voldoen jy aan die vereistes? Daar is hulp nodig! Is jy beskikbaar?​—Jes. 6:8.

9 Ons beveel aan dat diegene wat kan verhuis na waar meer hulp nodig is ’n brief aan die Genootskap skryf waarin hulle sê waar hulle graag wil dien en wanneer hulle beplan om in die nuwe gebied te begin. So ’n brief moet aan die Gemeentelike Dienskomitee gegee word sodat hulle hulle aanbeveling kan byvoeg en dit spoedig aan die Genootskap kan pos.

10 Ons het alle rede om ons hand aan die ploeg van groter aktiwiteit te slaan en vorentoe te kyk (Luk. 9:62). Onthou, ons weet nie waarvandaan verdere vermeerdering sal kom nie (Pred. 11:6). Laat ons ons derhalwe, soos Filippus, as gewillige instrumente in die hande van Jehovah en sy organisasie plaas, bereid om Koninkryksaad te saai waar dit ook al nodig is voordat die einde kom.​—Hand. 8:26, 27; Matt. 28:20.

J.G.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel