Help diegene wat die Koninkryk soek
1 Jesaja het ’n tyd voorspel wanneer ‘duisternis die aarde sal oordek en donkerheid die volke’ (Jes. 60:2). Daardie tyd het aangebreek. As “kinders van die lig” het ons die wonderlike voorreg om verligting na mense in ons gebied te bring (Luk. 16:8). Gedurende November gaan ons dit doen deur die boek Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou aan te bied sodat opregtes van hart ‘uit die duisternis tot sy wonderbare lig’ kan kom.—1 Pet. 2:9.
2 Die Bybel verlig die verstande en harte van die wat dit lees en toepas. Selfs wêreldlike owerhede het besef dat dit van onskatbare waarde is. Nasies het baie van hulle regverdige wette op die regverdige beginsels daarin gegrond. Dit gee betroubare raad oor hoe om nou te lewe, en dit sê wat ons moet doen om die naderende wêreld-vernietiging te oorlewe en die ewige lewe in ’n regverdige nuwe wêreld te verkry.—Joh. 17:3.
DIE WAARDE VAN VANDEESMAAND SE AANBOD
3 Die Gesinslewe-boek. is ’n puik instrument om skaapgeaarde mense te help om kennis op te doen van Jehovah God en sy Koninkryk. Hoewel die aanbod vir die maand dalk ’n ouer publikasie is, kan die waarhede wat dit bevat mense steeds help om uit Babilon die Grote te kom en die nodige veranderinge in hulle lewe aan te bring.
4 Dit sal vir diegene wat heelhartig na God se Koninkryk soek ’n groot hulp wees as hulle hul eie eksemplaar van die Gesinslewe-boek het en lees. Ons sal dit saam met die boekie Onsigbare geeste—Help hulle ons? Of benadeel hulle ons? teen ’n bydrae van R2,90 aanbied. Berei goed voor vir hierdie aanbieding. Sit tyd opsy om die boekie te hersien en let op na gesprekspunte wat gebruik kan word wanneer jy dit aanbied. Die boekie sal heel moontlik die huisbewoner se belangstelling wek. As ons teruggaan na elke persoon by wie ons lektuur gelaat het, kan ons mettertyd Bybelstudies begin.
NUTTIGE WENKE
5 Op bladsye 10 en 11 van die Redenering-boek. is daar uitstekende inleidings wat ons kan gebruik wanneer ons die aanbod vir die maand doen. Wanneer jy die New World Translation aanbied, kan die inligting op bladsye 74-84 en op bladsye 304-8 jou help om die besware te bowe te kom van diegene wat min kennis van God se Woord het. Verdere agtergrondinligting oor die Bybel kan op bladsye 307-13 van Insight, Deel 1, gevind word. Jy sal vind dat die tyd wat jy daaraan bestee om vir die bediening voor te berei vir jou en die met wie jy praat ’n seën sal wees.—1 Tim. 4:13, 15, 16.
6 Die aanbod vir die maand kan op ’n eenvoudige, direkte manier aangebied word. Jy kan byvoorbeeld sê: “Hierdie publikasie [meld boek se titel] sal jou alle rede gee om God se Woord te bestudeer.” Bespreek dan die waarde van God se Woord en hoe kennis daarvan van groot nut kan wees. Of jy kan sê: “Hoewel die Bybel die wêreld se grootste suksesboek is en daar een in baie huise is, lees baie dit nie. Hierdie boek [meld sy titel] is net wat jy nodig het om jou aan te moedig om God se Woord te lees en sy talle seëninge te geniet.”
7 Hoe dankbaar kan ons tog wees dat Jehovah “in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God” (2 Kor. 4:6). Laat ons ons gedurende November inspan sodat ons ander met welslae kan help om God se Koninkryk te soek.