Deel geestelike skatte met ander
1 Soos getroue Moses weet hedendaagse Getuies van Jehovah dat die waarde van hierdie wêreld se materiële skatte nie met dié van geestelike skatte vergelyk kan word nie (Hebr. 11:26). Geld kan huise, motors en ander besittings koop, maar dit kan nie lewe, gemoedsrus of God se goedkeuring en seën koop nie.
2 Kennis van en insig in God se Woord en voorneme is ware geestelike skatte (Kol. 2:3). Hierdie unieke skatte kan ons nou reeds ware geluk verskaf asook ’n vaste toekomshoop gee. Hoe bevoorreg is ons tog dat ons sulke geestelike skatte ontvang het!
HOE OM ANDER RYK TE MAAK
3 Ons kan help om baie ander geestelik ryk te maak deur Die Wagtoring onder hulle aandag te bring, aangesien dit hulle na “verborge skatte” van goddelike wysheid kan lei (Spr. 2:4). Gedurende Mei gaan ons die Wagtoring-intekening by elke geskikte geleentheid aanbied. As ons in gedagte hou hoe Die Wagtoring ons lewe verryk het, sal ons nie aarsel nie maar na maniere soek om dit vir soveel mense moontlik aan te bied. Maak ’n aantekening van adresse waar tydskrifte en brosjures gelaat is, met die doel om terug te gaan en gereeld tydskrifte op jou eie tydskrifroete af te lewer.
4 Hoe kan ons in geestelike sin soos die godvresende man van Psalm 112 wees wat sy waardevolle dinge wyd en syd uitgedeel het? (Ps. 112:1, 3, 9, NW). Ons moet skaapgeaarde mense soek en hulle help om hul geestelike behoefte te bevredig (Matt. 5:3, NW). Dit vereis dat ons elke geleentheid benut om formeel en informeel te getuig.
5 In party gebiede is aandgetuieniswerk baie produktief, omdat die kans groter is dat meer mense dan tuis is. Het jy al probeer om ’n uur of wat voor jou Gemeentelike Boekstudie of op ’n ander aand van die week huis-tot-huiswerk te doen? Waarom tref jy nie definitiewe reëlings om dit te doen nie? Dit kan baie lonend vir jou wees.
6 Is daar geskikte tye om by jou werk te getuig? Een suster het verskeie tydskrifte op haar lessenaar neergesit sodat medewerkers hulle kon sien wanneer hulle daar verbyloop. Voor die oggend om was, was al die tydskrifte versprei. Heelparty van haar medewerkers het opregte belangstelling getoon, en sy het 18 intekeninge verkry.
7 Silwer, goud en alle ander materiële skatte kan nie vergelyk met die geestelike skatte van kennis en insig wat ons deur Jehovah se organisasie en ons studie van die Bybel verkry het nie. Ware geluk, vreugde, vrede, “lengte van dae”—selfs die ewige lewe—is alles binne die bereik van diegene wat geestelike skatte soek (Spr. 3:13-18). As ons ons geestelike skatte met ander deel, toon ons waardering vir wat ons ontvang het en geniet ons voortdurend Jehovah se seën.—Spr. 19:17.