Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/90 bl. 1
  • Eer die Skepper van alle dinge

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Eer die Skepper van alle dinge
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • GETUIG MET WELSLAE
  • BY DIE SKOOL
  • Evolusie staan tereg
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Bied die Goeie Nuus aan—Met die Skepping-boek
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Het God evolusie gebruik om lewe te skep?
    Ontwaak!—2006
  • Is evolusie versoenbaar met die Bybel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 9/90 bl. 1

Eer die Skepper van alle dinge

1 Gedurende die 19de eeu het Satan ’n listige plan beraam om die mensdom te verblind—die evolusieteorie (2 Kor. 4:4). Hierdie teorie is ’n openlike verloëning van die Bybel se skeppingsverslag en van die mens se sondeval. Dit sou Jesus se losprysofferande en die Bybelleringe oor die Koninkryk en die ewige lewe sinloos maak. Bowendien baan die evolusieteorie die weg vir geweld en oorlog, onsedelikheid en alle soorte wetteloosheid. Wie sal die mensdom teen die gevare van hierdie dodelike leerstelling waarsku?

2 Ons gaan dit gedurende September doen, aangesien ons besig sal wees om te verkondig dat Jehovah die Skepper is. In die huis-tot-huisbediening, in straatwerk, gedurende ruspouses by die werk en by die skool sal ons die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? aanbied. Dit is ons begeerte dat almal moet weet hoe die evolusieteorie die mens se Skepper tot oneer strek.

GETUIG MET WELSLAE

3 Wanneer jy informeel of van huis tot huis getuig, kan jy ’n gesprek begin deur die aandag te vestig op periodieke nuusberigte aangaande party mense se sterk gevoelens oor evolusie. Hoewel ’n persoon dalk al heelwat verwante argumente en selfs vurige besprekings oor hierdie onderwerp gelees of gehoor het, sal hy ’n eerlike verklaring in die Bybel wat direk met die onderwerp verband hou ongetwyfeld heel interessant vind. Vestig dan die aandag op wat in Hebreërs 3:4 gesê word. Lees die teks en lewer kortliks kommentaar daaroor.

4 As dit lyk of die persoon ’n bietjie godsdienstig is, kan jy meld dat godsdienstige mense sowel as diegene wat aan evolusie glo dikwels geloof aan ’n onpersoonlike “Natuur” of ’n verpersoonlikte “Moeder Natuur” heg as die skeppingskrag wat verantwoordelik is vir al die wonderlike dinge wat ons om ons heen sien. Maar die Bybel sê wel wie ons Groot Weldoener en die Skepper van hierdie wonderlike heelal is. Jy kan die aandag op Openbaring 4:11 vestig. Nadat jy die teks gelees het, wil die persoon dalk sy mening omtrent die saak uitspreek. Jy kan ’n spesifieke gedagte of twee uit die Skepping-boek hierby inskakel en hom vra om dit te lees, indien dit gepas is.

BY DIE SKOOL

5 Al julle jong knegte van Jehovah behoort ook jul Skepping-boek te hersien en maniere in gedagte te hou om medeskoliere sowel as jul onderwysers se belangstelling in die boek te wek. Party het gevind dat dit besprekings uitlok as hulle eenvoudig die publikasie op hul skoolbank laat. Ander het onderwysers en die skoolbestuur oor die onderwerp van die skepping genader en ’n aantal boeke op dié manier versprei.

6 Ons almal verheug ons in die vooruitsig om in ’n wêreld te lewe waar almal Jehovah sal eer. In die Openbaring het Johannes luisterryke geesskepsele gesien wat voor Jehovah neerbuig en verkondig: “U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape” (Openb. 4:11). Mag ons gedurende September daardie woorde in ons bediening herhaal!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel