Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/90 bl. 3-4
  • Toon waardering vir ons pioniers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Toon waardering vir ons pioniers
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WAAROM?
  • IN DIE GEMEENTE
  • MOEDIG DIE PIONIERS AAN
  • Ondersteun die pioniers
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Die seëninge van die pionierbediening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Die seëninge van die pionierbediening
    Ons Koninkryksbediening—2003
  • Voortdurende vermeerdering vereis die vereenvoudiging van prosedures
    Ons Koninkryksbediening—1986
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 9/90 bl. 3-4

Toon waardering vir ons pioniers

1 Medewerkers vir die Koninkryk van God versterk mekaar (Kol. 4:11). Wanneer ons in gedagte hou dat die verkondiging van die goeie nuus die vernaamste werk van die Christengemeente is, is daar gebiedende redes om die voltydse werkers in ons midde te waardeer.—Mark. 13:10; Rom. 16:2; Filip. 4:3.

WAAROM?

2 Pioniers bou die gemeente regstreeks op deur saam met minder ervare verkondigers aan verskeie aspekte van die predikingswerk deel te neem. Dit sluit in tydskrifwerk, voorbereiding vir en die doen van herbesoeke en om tuisbybelstudies te begin en met welslae te hou. Daarbenewens kan pioniers ’n voorbeeld stel deur met vrymoedigheid informeel te getuig. Hulle ondersteuning van die reëlings vir groepgetuieniswerk in die week bied hulle die geleentheid om ander te help. Pioniers se positiewe invloed in die veld kan veral ondervind word wanneer hulle velddiens oor die naweek ondersteun, aangesien dit ’n tyd is wanneer die meeste ander verkondigers daaraan kan deelneem.

3 Pioniers help gemeentes om die gebied deeglik en dikwels te dek. Dit stel mense in staat om beter vertroud te raak met ons boodskap en gemakliker te voel wanneer ons hulle besoek omdat hulle weet wie ons is. Die baie ure wat pioniers in die veld deurbring, waartydens hulle lektuur by belangstellendes laat en die belangstelling verder aanwakker—ja, saadjies van waarheid plant en dit natmaak—kan nie anders as om ’n produktiewer gebied tot gevolg te hê nie.—1 Kor. 3:6.

IN DIE GEMEENTE

4 Baie verkondigers is al aangemoedig om die voltydse diens te betree omdat hulle hart geraak is deur die ywer en entoesiasme van getroue pioniers. Een suster het geaarsel om ’n gewone pionier te word omdat daar geen pioniers in die gemeente was nie. Maar toe die kringopsiener haar aangemoedig het, het sy voortgegaan en ingeskryf. Ander het spoedig haar voorbeeld gevolg, en nou het daardie gemeente ’n hele aantal ywerige pioniers.

5 Daar sal dalk tye wees wanneer die ouere manne ’n pionier sal vra om ’n persoon te help wat ongereeld of onbedrywig geword het. Hierdie hulp kan insluit dat ’n Bybelstudie met die persoon gehou word. Die pionier se geloof en ywer kan sodoende daartoe bydra dat die persoon se liefde vir die waarheid weer aangevuur word en kan help dat hy weer daaraan werk om die verpligtinge van sy toewyding na te kom.—1 Thess. 5:14.

MOEDIG DIE PIONIERS AAN

6 Hoewel die pioniers baie doen om ander aan te moedig, het hulle ook aanmoediging nodig sodat hulle vreugdevol in hul diens kan voortgaan (Rom. 1:12). Praat jy positief van die pionierbediening? Wanneer laas het jy ’n pionier vir sy of haar werk en selfopofferende gees geprys? Pioniers waardeer dit baie wanneer iemand saam met hulle in velddiens werk tydens daardie ure van die dag wanneer min verkondigers uitgaan. Kan jy saam met die pioniers gaan en moontlik meer tyd aan die predikingswerk bestee?

7 Op watter ander maniere kan jy die pioniers aanmoedig? Benewens om hulle te prys, kan jy jou waardering vir sulke harde werkers op ’n tasbare manier betoon deur hulle vir ete te nooi, hulle vrywillig met hul reiskoste te help en hulle op ander maniere te ondersteun volgens jou vermoë.—Vergelyk 1 Thessalonicense 5:12, 13.

8 Terwyl ouere manne en bedieningsknegte die leiding in die gemeente neem, sal pioniers en verkondigers goed georganiseerde velddiensreëlings ten volle ondersteun. Ons almal sal dus watter gawes ons ook al het, gebruik om ‘mekaar te dien’.—1 Pet. 4:10, 11.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel