Gaan terug met die doel om ’n Bybelstudie te begin
1 Wanneer ons eers belangstelling gevind het, moet ons deeglikheid aan die dag lê om hierdie belangstelling lewendig te hou. As ons herbesoeke doen, kan dit direk tot lewensreddende Bybelbesprekings en Bybelstudies lei. Dink na oor die volgende wenke wat ons kan help om doeltreffende herbesoeke te doen.
Aan die einde van die eerste besoek kan jy die grondslag vir ’n herbesoek lê deur te vra:
◼ “Het jy al ooit gewonder waarom daar so baie godsdienste is?” Wanneer jy teruggaan, kan jy sê: “Toe ek laas hier was, het ek die vraag geopper oor waarom daar so baie godsdienste is. Daar is etlike redes hiervoor. Ek wil graag vir jou iets interessants lees wat ek in my navorsing oor hierdie vraag gevind het.” Blaai na bladsy 171 van die Redenering-boek en lees die deel onder die tussenhofie “Waarom is daar so baie gelowe?”
2 Kan ons God in alle godsdienste vind? God kan net met ’n godsdiens wees as dit die regte vrugte voortbring.
Om ’n herbesoek te begin, kan jy vra:
◼ “Hoe behoort godsdiens ’n mens se gedrag te beïnvloed? Wat Jesus Christus in Mattheüs 7:17-20 gesê het, gee ons die riglyne wat die ware godsdiens behoort te volg.” Lees die teks direk uit die laaste deel van paragraaf 19 op bladsy 12 van die boek Die mensdom se soeke na God. Vra die huisbewoner dan wat hy in die prent op bladsy 13 sien. “Hoewel miljoene beweer dat hulle in God glo, verloën baie hom deur hulle werke.” Lees vervolgens die eerste twee sinne van paragraaf 20. “Hierdie gewelddadige optrede identifiseer godsdienste wat nie Christus se opdrag gehoorsaam dat ons mekaar en selfs ons vyande moet liefhê nie. Miskien kan ons met my volgende besoek bespreek wat ’n godsdiens moet doen as dit goeie vrugte wil voortbring.”
3 Wat hou die toekoms in vir diegene wat die ware God soek? ’n Bespreking van hierdie vraag direk uit die boek Die mensdom se soeke na God kan tot ’n Bybelstudie lei.
Om ’n gesprek te begin, kan jy dalk sê:
◼ “Met die ekonomiese toestande soos hulle op die oomblik is, wonder baie mense of hulle ’n positiewe uitkyk op die toekoms kan hê. Ek het gevind dat die Bybel baie bemoedigend is wanneer dit oor die toekoms praat. Ek wil graag God se belofte in Jesaja 65:21, 22, 25 vir jou lees. [Lees en lewer kortliks kommentaar oor die teks.] Die boek Die mensdom se soeke na God beantwoord van paragraaf 17 af op bladsy 372 ’n paar interessante vrae hieroor.” Demonstreer dan die Bybelstudiereëling deur paragrawe 17-20 te gebruik. “Ek sal graag volgende week hierdie vraag met jou wil bespreek: “Wat is die grondslag van die nuwe wêreld wat in die Bybel belowe word?”
4 Gebruik die tyd wat oor is wyslik om deel te neem aan die deeglike getuienis wat nou aan al die nasies van die aarde gegee word. (Vergelyk Handelinge 20:21.) As ons herbesoeke doen met die doel om ’n Bybelstudie te begin, kan dit die ewige lewe beteken vir diegene met wie ons praat.