Wakker belangstelling aan in die Koninkryksboodskap
1 Tyd het verloop—miskien ’n dag of twee, of miskien ’n week—sedert jy die laaste keer met iemand gepraat het wat belangstelling in die Koninkryksboodskap getoon het. Of hy nou Bybellektuur geneem het of nie, dit is belangrik om enige belangstelling so gou moontlik op te volg en dit verder aan te wakker.
2 Hersien die noukeurige aantekeninge wat jy gemaak het ná die aanvanklike besoek. Dan, wanneer jy jou velddienssak pak, moet jy seker maak dat jy ’n eksemplaar daarin het van die lektuur wat jy by die persoon gelaat het, sodat jy dit tydens die herbesoek kan gebruik.
As jy die “Kyk”-brosjure by die persoon gelaat het, kan jy sê:
◼ “Ek is bly om jou weer te sien. Toe ons die vorige keer gesels het, het ek jou die buiteblad van hierdie brosjure gewys, en ons het ’n teks uit die Bybel gelees om te bewys dat God deur sy Koninkryk huise en werk aan almal sal voorsien. Maar God het ook belowe om ’n einde te maak aan siekte, die ouderdom en selfs die dood. Klink dit vir jou ongelooflik? [Laat huisbewoner antwoord.] Let op die punt in paragraaf 4 van die brosjure wat ek by jou gelaat het.” Lees die paragraaf, en bespreek een of twee van die tekste wat onderaan die bladsy voorkom. En só het jy ’n Bybelstudie begin!
3 Om die weg te open vir ’n toekomstige besoek, kan jy die gesprek afsluit deur te sê:
◼ “Natuurlik is alles wat ons bespreek het in die Bybel, maar baie mense wonder of hulle werklik kan glo wat die Bybel sê. Wanneer ek volgende keer terugkom, sal ek graag ’n paar minute van jou tyd wil neem om hierdie onderwerp met jou te bespreek.” Wanneer jy teruggaan om die belangstelling aan te wakker, kan jy die bespreking by paragraaf 5 van die brosjure begin onder die tussenhofie: “Die boek wat die Paradys verduidelik.”
4 In gebiede waar min lektuur versprei word: Dieselfde algemene aanbieding kan gebruik word wanneer jy mense besoek wat belangstelling getoon het, maar geen lektuur geneem het nie. Jy kan na die brosjure verwys wat jy tydens die vorige gesprek aangebied het. Jy sal dalk herhaalde besoeke moet doen waartydens jy die Bybel en jou persoonlike eksemplaar van die brosjure gebruik voordat die huisbewoner ’n brosjure sal neem. As jy Die Wagtoring van 1 Julie of die nommer van 15 Julie by hulle gelaat het, kan jy na verwante onderwerpe in die “Kyk”-brosjure verwys wanneer jy teruggaan om die belangstelling aan te wakker.
5 Jy kan die materiaal op bladsye 351-2 van die Redenering-boek gebruik om vir goeie herbesoeke voor te berei wat tot ’n Bybelstudie in die Regering-brosjure kan lei. Of ’n Bybelstudie kan begin word deur die volgende vraag te vra: “Het jy geweet dat die Bybel twee soorte verwagtinge uithou? Die een is om vir ewig op die aarde te lewe. Hierdie brosjure verduidelik hoe dit moontlik sal wees.” Blaai dan na bladsy 15 van die brosjure, en lees die drie tekste wat daar aangehaal word.
6 As jy twee tydskrifte, ’n boek of ’n brosjure by die huisbewoner gelaat het of net ’n interessante Bybelbespreking met iemand gehad het, is dit jou verantwoordelikheid om die belangstelling aan te wakker. Ons moedig julle almal aan om gedurende Julie tyd in te ruim om aan hierdie lewensreddende werk deel te neem.—1 Tim. 4:16.