Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/92 bl. 1
  • Loof die God van die skepping

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Loof die God van die skepping
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die Goeie Nuus aan—Met die Skepping-boek
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Verkondig vrylating aan die gevangenes
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Help ander om ons Groot Skepper te waardeer
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Help ander om ons Maker te eer
    Ons Koninkryksbediening—1994
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 9/92 bl. 1

Loof die God van die skepping

1 Pragtige landskappe, ’n kleurryke sonsondergang, ’n sterbesaaide naghemel, melodieuse voëlgesang—aan wie gee jy die eer vir al hierdie genoeglike dinge? Ja, ons word beweeg om die God van die skepping te loof. Ons stem heelhartig saam met die woorde in Openbaring 4:11. Omdat Jehovah God alle dinge geskep het, verdien hy ons lof.

2 Ondanks die bewyse van God se skeppingswerke bevorder mense die idee dat lewe per ongeluk of deur blinde evolusie ontstaan het. Hierdie infame leuen het die mens verlaag en sedelik bederf en dit bring godslasterlike oneer op ons Grootse Skepper.—Pred. 12:1; Rom. 1:20, 25.

3 As lojale knegte van Jehovah het ons gedurende September die geleentheid om die waarheid oor ons Skepper en sy wonderlike werke te verkondig. Die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? sal aangebied word om belangstellendes te help om die feite aangaande die oorsprong en die doel van die lewe te leer. Met hierdie publikasie is ons toegerus om die waarheid oor die oorsprong van lewe met vrymoedigheid te verdedig.

4 Spesiale gebiede: Benewens die getuieniswerk van huis tot huis kan ons ’n spesiale poging aanwend om met mense te praat wat veral in die onderwerp van evolusie of die skepping belangstel deur hulle óf by die werk óf by die skool te besoek. Jong Getuies het byvoorbeeld al welslae behaal deur die Skepping-boek vir hulle onderwysers te wys en dit dan by hulle te laat. Een jong Getuie het vir haar onderwyser ’n Skepping-boek gegee en was verbaas om te sien dat die onderwyser die boek nie net deeglik bestudeer het nie, maar dit selfs as ’n grondslag begin gebruik het om die klas te onderrig (w90 9/1 bl. 32; wAF86 10/1 bl. 32). Nader gerus al jou onderwysers of klasmaats wat jy dink dit sal geniet om hierdie voortreflike publikasie te lees.

5 ’n Spesiale poging kan aangewend word om studente en lektore wat in jou gebied woon of werk te besoek. Beroepsmense soos prokureurs en dokters het al hulle waardering uitgespreek vir die diepte van navorsing en dokumentasie van die Skepping-boek (yb87 bl. 54). Diegene wat jy nader, sal dalk ook graag hierdie pragtig geïllustreerde publikasie as ’n naslaanwerk wil hê.

6 Ons kan die Skepping-boek met vertroue aanbied vir almal wat ons teëkom. Wanneer jy een of meer spesifieke punte in die boek bespreek wat leersaam is en wat geloof in ’n Skepper opbou, sal jy regskape mense teëkom wat dalk meer wil weet. Tref reëlings om so gou moontlik na hierdie mense terug te gaan en bied aan om die Bybel met hulle te studeer.

7 Mag hierdie uitstekende instrument nie alleen talle meer help om te sien hoe belaglik die evolusieteorie is nie, maar hulle ook help om ’n waardering vir die gawe van lewe op te bou. Hierdie boek sal by hulle ’n begeerte wek om vir ewig te lewe tot eer van die Lewegewer en ‘die Een wat hemel en aarde gemaak het’.—Ps. 146:6.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel