Adresse van takkantore
Let asseblief daarop dat daar elke jaar ’n bygewerkte lys van die kantore van Jehovah se Getuies wêreldwyd agter in die jaarboek voorsien word. Hierdie lys is vir julle gerief en gebruik. Julle kan tyd en geld spaar deur in die huidige jaarboek te kyk pleks van die Genootskap te skakel om adresse van takkantore in ander lande te kry. Hou ook in gedagte dat die Genootskap nie die adresse van Koninkryksale in ander lande op lêer hou nie. Julle sal direk aan die betrokke takkantoor moet skryf vir sulke adresse.