Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/94 bl. 1
  • God se Woord het krag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God se Woord het krag
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met die New World Translation
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Vind baat by daaglikse Bybellees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Die Bybel—’n Boek wat gelees moet word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Hoe jy die meeste uit jou Bybellees kan kry
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 11/94 bl. 1

God se Woord het krag

1 Die Bybel het ’n groot invloed op miljoene se lewe gehad. Die inhoud daarvan dien as groter dryfkrag as enigiets wat die mens kan voorsien (Hebr. 4:12). Dink net wat dit al vir ons gedoen het. Wat die waarde daarvan betref, is dit waarlik sonder weerga.

2 Jehovah se Getuies is die ywerigste studente en voorstanders van die Bybel. Ons moet Bybellees as ’n lewensbelangrike deel van ons gereelde teokratiese rooster beskou en daaraan voorkeur gee bo televisiekykery en alle ander vorme van ontspanning.

3 Maak dit ’n gewoonte: Jehovah se volk besef watter kragtige invloed gereelde Bybellees kan uitoefen. Daar is al baie jare lank ’n groot teken op een van ons fabrieksgeboue in Brooklyn wat verbygangers aanspoor: “Read God’s Word the Holy Bible Daily.” Daar word van nuwe lede van die Bethelgesin vereis om die Bybel in hulle eerste jaar van Betheldiens deur te lees.

4 Hou jy, ondanks jou besige rooster, by met die voorgestelde weeklikse Bybellees wat in die Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool uiteengesit word? As dit al vir jou moeilik was, kan jy gerus gedurende November in hierdie aspek probeer verbeter. Die Bybellees vir die hele maand is Psalms 95-109, wat beteken dat ’n mens elke week ongeveer drie of vier bladsye moet lees. Party verkies om elke dag ’n bietjie te lees, dalk vroeg in die oggend of voor hulle saans gaan slaap. Hoe dit ook al sy, wat belangrik is, is dat jy die heilsame voordele geniet wat dit inhou as jy God se Woord gereeld lees.

5 Bied die Bybel gedurende November aan: Baie mense respekteer nog die Bybel en is bereid om te luister wanneer ons daaruit lees. Gedurende November sal ons die New World Translation en die boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n? aanbied. Dit skep ’n uitstekende geleentheid om opregtes van hart van die waarde van God se Woord bewus te maak. Wees entoesiasties wanneer jy dit doen.

6 Berei ’n paar weldeurdagte kommentare voor oor die uitsonderlike kenmerke van die New World Translation wat die mense se belangstelling sal prikkel om dit te bekom. Beklemtoon die praktiese waarde daarvan. Jy kan die aandag vestig op een van die onderwerpe in die deel “Bible Topics for Discussion” en dit dan by die boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n? laat inskakel. Of jy kan demonstreer hoe nuttig die indeks van 92 bladsye oor Bybelwoorde is deur te toon hoe dit die leser help om bekende tekste te vind. Party verkondigers wil dalk die “Appendix” of die “Table of the Books of the Bible” beklemtoon deur die waarde daarvan in Bybelstudie te toon.

7 Maak seker dat jy daarop wys dat die New World Translation in moderne Engels geskryf is, wat dit maklik maak om te verstaan. ’n Paar interessante vergelykings met die King James Version is 1 Korinthiërs 10:25 en 16:22. Die New World Translation gebruik die Goddelike naam, Jehovah, 7 210 keer.

8 Ja, die Bybel is God se Woord. As ons dit lees, daarin glo en die raad daarvan in ons lewe toepas, sal ons baie voordele geniet. Dit is geskryf tot ons lering en om ons hoop te gee (Rom. 15:4). Dit is lewensbelangrik dat ons dit elke dag raadpleeg en daarop voorbereid is om dit te gebruik om ander te leer.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel