Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/95 bl. 7
  • Die nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Die program vir die nuwe Spesiale Byeenkomsdag
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Maak seker van die belangriker dinge
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
    Ons Koninkryksbediening—1998
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1995
km 8/95 bl. 7

Die nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag

1 Waarom moet ons die goeie nuus sonder ophou bekend maak? Wat is die vereistes om ’n prediker van die goeie nuus te wees? Hoe kan selfs skaam of skugter persone die inisiatief neem om die goeie nuus aan ander te verkondig? Hierdie en ander gedagteprikkelende vrae sal beantwoord word tydens die program vir die spesiale byeenkomsdag wat in September begin, met die tema “Bekwaam as bedienaars van die goeie nuus”.—Vergelyk 2 Korintiërs 3:5.

2 As Jehovah se volk moet ons op ons gedrag let. Jongmense sal bemoedigende ondervindinge vertel van hoe hulle portuurdwang weerstaan het. Ouers sal liefdevolle bemoediging ontvang met betrekking tot die belangrikheid daarvan om hulle kinders as bedienaars van God op te lei. Ons almal sal gehelp word om te besef hoe noodsaaklik dit is om te preek en die seëninge te waardeer wat ons sowel as dié wat na ons luister, ontvang.—1 Tim. 4:16.

3 Die doop sal ongetwyfeld ’n hoogtepunt van die dag wees. Voor hierdie gebeurtenis sal ’n toespraak wat op die Bybel gegrond is spesifiek tot die pastoegewydes gerig word. Almal wat teenwoordig is, moet natuurlik noukeurig aandag skenk terwyl die onderwerp van doop bespreek en die betekenis daarvan verduidelik word. Enigeen wat graag by die spesiale byeenkomsdag gedoop wil word, moet die presiderende opsiener lank voor die tyd daarvan in kennis stel sodat hy genoeg tyd sal hê om te reël dat ouer manne die voorgeskrewe vrae met die doopkandidate hersien.

4 Nog ’n hoogtepunt sal die hooftoespraak wees wat deur ’n besoekende spreker gehou sal word. Die titel is: “Bekwaam en toegerus as God se bedienaars.” Vier belangrike voorsienings wat ons as bedienaars toerus, sal bespreek word, en die toespraak sal geloofversterkende ondervindinge insluit.

5 Gedurende die afgelope paar jaar het die bywoningsyfer van ons spesiale byeenkomsdag gedaal; beplan dus nou om vir die hele program teenwoordig te wees. Moenie vergeet om belangstellendes en Bybelstudente te nooi nie sodat hulle ook by hierdie dag van teokratiese opvoeding baat kan vind. Sodoende kan ons seker maak dat ons “voldoende bekwaam” is as bedienaars van die goeie nuus.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel