Herbesoeke met ’n doel
1 Wanneer jy ’n herbesoek doen, moet jy ’n teks probeer gebruik wat die persoon se kennis sal verbreed van die Bybelonderwerp wat jy voorheen bespreek het.
2 Wanneer ons herbesoeke doen waar tydskrifte gelaat is, is een van die doelwitte om ’n tydskrifroete te begin. ’n Eenvoudige aanbieding soos die volgende kan doeltreffend wees:
◼ “Ek hoop jy het die Wagtoring-artikel geniet wat ek by jou gelaat het en wat verduidelik het waarom ons God moet vrees. Ek het vandag ’n artikel in die Ontwaak! saamgebring wat vra: ‘Waarom is die lewe so kort?’ Dis ’n goeie vraag, nie waar nie?” Jy kan voortgaan deur te sê: “Jesus se bekende woorde in Johannes 3:16 stel die ewige lewe in die vooruitsig. Neem asseblief hierdie tydskrif en word bemoedig deur die vaste hoop wat in God se Woord gebied word.” Verduidelik dan dat jy terug sal kom om die volgende nommers te bring en dalk verder kan bespreek wat God vir gehoorsame mense belowe het. Onthou dat jy ’n herbesoek kan rapporteer elke keer wanneer jy die tydskrifte aflewer.
3 As jy die artikel “’n Wêreld sonder oorlog—Wanneer?” by iemand gelaat het, kan jysê:
◼ “Hoe sal die lewe op hierdie aarde wees as daar nie meer oorloë is nie? [Laat die huisbewoner antwoord.] Laat ek jou wys wat God belowe het om te doen.” Lees Psalm 37:10, 11, en beskryf hoe toestande gaan wees wanneer God se wil hier op aarde geskied. Herinner die persoon aan wat Jesus sy dissipels geleer bid het soos in Matteus 6:9, 10 opgeteken staan. Help hom om oor die betekenis van Jesus se woorde te redeneer. Jy kan ’n intekening op Die Wagtoring of Ontwaak! aanbied en reël om terug te gaan om die bespreking voort te sit.
4 As jy teruggaan om die bespreking voort te sit oor die voorbladartikels “Waarom is die lewe so kort?” kan jy so begin:
◼ “Toe ek laas hier was, het ons oor menslike langlewendheid gepraat. Soos jy ongetwyfeld in die artikels in die Ontwaak! opgelet het, kan wetenskaplikes ons nie juis help om langer as 70 of 80 jaar te lewe nie. Maar wat dink jy van wat die Bybel belowe? [Laat die huisbewoner antwoord.] Die Bybel toon dat God iets baie beters vir die mens in gedagte het.” Lees dan Johannes 17:3 en verduidelik hoe dit tot die ewige lewe kan lei as ons kennis inneem. Op hierdie stadium sal jy dalk ’n tuisbybelstudie kan aanbied of ’n verdere Bybelbespreking kan reël.
5 Om ’n Bybelstudie te begin, is ’n belangrike doelwit in ons bediening. Miskien het jy iemand wat die tydskrifte geneem het al ’n paar keer besoek. Probeer gerus hierdie benadering wanneer jy hom weer besoek:
◼ “Mense het soveel verskillende idees oor godsdiens en die waarde daarvan in die hedendaagse lewe. Daar is teenstrydige beskouings oor waarom God goddeloosheid toelaat of waarom ons oud word en sterf. Party mense wil graag weet hoe om te bid sodat hulle deur God verhoor kan word.” Maak een van ons Bybelstudiepublikasies oop by ’n onderwerp waarin jy dink die huisbewoner belang sal stel, en demonstreer kortliks hoe ’n studie gehou word.
6 Jehovah is ’n God met voornemens, dit wil sê, hy het doelwitte. Laat ons sy voorbeeld gedurende Oktober navolg deur herbesoeke met ’n doel voor oë te doen.