Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/96 bl. 4
  • Gaan terug om sommige te red

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gaan terug om sommige te red
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur herbesoeke te doen
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Kennis wat van God af kom, beantwoord baie vrae
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Hoe om Bybelstudies te begin met mense by wie ons tydskrifte gelaat het
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Gee ander die hoop op die ewige lewe
    Ons Koninkryksbediening—1998
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1996
km 1/96 bl. 4

Gaan terug om sommige te red

1 Dit is God se wil “dat alle soorte mense gered moet word en tot juiste kennis van die waarheid moet kom” (1 Tim. 2:4). Wat kan ons doen om te help? Ons kan herbesoeke doen met die doel om mense die waarheid te leer deur middel van ’n gereelde tuisbybelstudie. Wat gaan jy sê? Die volgende wenke kan jou help.

2 Wanneer jy ’n herbesoek doen, hetsy die “Grootste mens”-boek by die persoon gelaat is of nie, kan jy hierdie direkte benadering gebruik om ’n studie te begin:

◼ Jy kan vra: “Wat het Jesus die wêreld se grootste mens gemaak?” Jy kan antwoord deur na ’n paar van die 133 hoofstukke te verwys wat sy lewe, sy persoonlikheid, sy onderrigting en sy werk bespreek. Hoofstuk 24 verduidelik waarom hy aarde toe gekom het. Hoofstuk 35 hersien sy bekende Bergpredikasie. Hoofstuk 133 gee ons ’n vlugtige voorskou van die seëninge wat die mensdom sal geniet wanneer hy sy werk voltooi het. Wys vir die huisbewoner hoe die vrae en tekste aan die einde van elke hoofstuk ons help om die belangrikste punte in elke hoofstuk te verstaan. Dek slegs ’n paar punte en tref definitiewe reëlings om terug te gaan.

3 ’n Ander benadering is dalk:

◼ “Ek het ons bespreking verlede week werklik geniet. Baie mense spreek hulle kommer uit oor die verslegtende wêreldtoestande. Ek het gedink dat jy in hoofstuk 111 van hierdie boek, Die grootste mens wat nog geleef het, sal belangstel. [Berei voor om kommentaar te lewer oor gekose dele in hoofstuk 111 en om een of twee van die hersieningsvrae aan die einde van die hoofstuk te beantwoord, byvoorbeeld: “Deur watter wêreldtoestande word Christus se teenwoordigheid gekenmerk?” of “Watter illustrasie gebruik Jesus om sy toekomstige dissipels te help onderskei wanneer die einde naby is?”] Wat sou jy sê is op grond van wat ons hier gelees het ons hoop vir die onmiddellike toekoms? [Laat die huisbewoner ’n antwoord gee en prys hom dan daarvoor.] Wat moet ons doen as ons hoop om die einde van hierdie goddelose stelsel te oorleef?” Lees Johannes 17:3 en bied ’n gereelde tuisbybelstudie aan.

4 As die huisbewoner besig is, kan ons steeds ons doel bereik deur te sê:

◼ “Ek weet jy het net ’n paar minute, maar hier is iets waaroor jy kan nadink terwyl jy jou werk voltooi. [Lees Matteus 5:3.]” Of jy kan sê: “Ek het hierdie drie tekste vir jou neergeskryf. Laat my toe om dit by jou te laat, aangesien dit nie nou geleë is om te gesels nie, en wanneer ek terugkom, wil ek graag vyf minute neem om dit met jou te bespreek.” As dit lyk of ’n ander tyd die huisbewoner beter sal pas, kan jy vra: “Sal jy graag meer wil weet oor wanneer die stelsel van dinge gaan eindig?” Jy kan dan reël om terug te gaan om die vraag te beantwoord.

5 Onthou dat ons herbesoeke doen met die doel om Bybelstudies te begin. Dit sal ons groot vreugde verskaf wanneer diegene wat studeer, leer om Jehovah aan te roep vir redding.—Hand. 2:21.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel