Ons gaan die Gesinsgeluk-boek bestudeer
Julle sal bly wees om te hoor dat ons vanaf die week van 6 Oktober 1997 die boek Die geheim van gesinsgeluk by die Gemeentelike Boekstudie gaan bestudeer. Niemand sal die kans wil laat verbygaan om die groepstudie van hierdie praktiese, skriftuurlike gids vir ’n gelukkige gesinslewe by te woon nie. Die studierooster sal dit moontlik maak om elke paragraaf en Bybelteks in die boek deeglik te bestudeer.
Die hele eerste hoofstuk sal die eerste week van die studie bespreek word, aangesien dit min tekste bevat wat nie aangehaal word nie. Om dieselfde rede sal hoofstuk 15 in een sessie bespreek word. Al die ander hoofstukke sal egter in twee dele verdeel word, en ongeveer die helfte van ’n hoofstuk sal elke week bespreek word. Daar sal dus voldoende tyd wees om alle teksverwysings te lees en te bespreek, asook noukeurig te kyk na die toepassing van al die aangehaalde tekste in elke paragraaf.
’n Belangrike kenmerk van die studie sal ’n bespreking wees van die materiaal in die onderrigvenster aan die einde van elke hoofstuk. Daar moet dus genoeg tyd toegelaat word om die vrae en die teksverwysings in die venster te bespreek.
Gemeentelike Boekstudiehouers word aangespoor om spesiale aandag aan hulle voorbereiding vir die studie te gee en om almal in hulle groep, ook nuwelinge, aan te moedig om goed voor te berei, gereeld teenwoordig te wees en ’n deelname daaraan te hê.—om-AF 74-6.