Teokratiese nuus
Angola: In Desember is ’n nuwe hoogtepunt van 35 034 verkondigers bereik.
Bangladesj: Die “Geloof in God se Woord”-streekbyeenkoms wat in Dakka gehou is, het ’n bywoningshoogtepunt van 142 gehad, en 14 is gedoop. Dit was meer as dubbel die getal mense wat al ooit op een slag in Bangladesj gedoop is.
Benin: Die reeks “Geloof in God se Woord”-streekbyeenkomste is deur altesaam 15 633 bygewoon, en 403 is gedoop. Volgens die rapport vir Desember was daar ’n nuwe hoogtepunt van 5 351 verkondigers.
Liberië: In Desember is ’n puik byeenkoms in Monrovia gehou, met ’n bywoningsyfer van 5 158. ’n Nuwe hoogtepunt van 2 127 verkondigers is vir daardie maand gerapporteer.
Madagaskar: In Desember was daar ’n vermeerdering van 11 persent bo die gemiddelde aantal verkondigers van die vorige jaar, met 9 226 wat aan die velddiens deelgeneem het.
Suid-Afrika: Gedurende die einde van Januarie en die begin van Februarie is 23 klasse van die Koninkryksbedieningskool vir ouer manne en bedieningsknegte in ons takkantoor se gebied gehou. Altesaam 4 883 ouer manne het die klasse vir Vrydag en Saterdag bygewoon en 3 893 bedieningsknegte die klasse vir Sondag.