Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/00 bl. 2
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Het jy ’n persoonlike gebied?
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Sal jy daarby baat vind om persoonlike gebied te hê?
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Bied Die Goeie Nuus Aan—In gebied wat gereeld gedek word
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Vervul jou bediening ten volle
    Ons Koninkryksbediening—1988
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2000
km 8/00 bl. 2

Vraebus

◼ Moet die gemeente ’n kaart van hulle hele gebied in die Koninkryksaal hê?

Ja, ’n geraamde kaart van hulle hele gebied moet teen ’n muur in die Koninkryksaal vasgesit word. Moenie die kaart op die kennisgewingbord aanbring nie. Die buitenste grense van die gemeente se toegewese gebied moet daarop aangedui word, asook die grense van elke individuele gebied met sy toegewese nommer. Die gebiedsgrense van al die gemeentes wat dieselfde Koninkryksaal gebruik, moet daarop aangebring word. Dit sal verkondigers en nuwe belangstellendes help om vas te stel in watter gemeente se gebied hulle woon. As Gemeentelike Boekstudies op die kaart aangebring word, sal dit almal ook help om te bepaal waar hulle boekstudie is. Die kaart moet gereeld bygewerk word.

So ’n kaart sal alle verkondigers daaraan herinner dat dit goed is om, indien moontlik, ’n persoonlike gebiedstoewysing te hê. Die kaart sal ook van nut wees vir diegene wat graag ’n gebied naby hulle huis wil kies. Soms kan dit tyd bespaar by velddiensvergaderinge en dit vir die broer wat die leiding neem moontlik maak om elke groep verkondigers vinnig na die gebied te rig waarin hulle moet gaan werk.

Die kaart getuig ook daarvan dat die gemeente georganiseerd is om die Koninkryksboodskap deeglik in sy toegewese gebied te verkondig.—Luk. 9:6.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel